Teken en verf ‘n plek van toevlug vir Van Zyl

Teken en verf ‘n plek van toevlug vir Van Zyl

Maritza van Zyl se kunswerke hang in huise regoor die wêreld…

Plekke soos Engeland, Brussels en Italië – en tog is sy baie beskeie oor dit wat sy reeds vermag het.
Haar verftegniek, bekend as ‘Naive’, lyk kinderlik, maar is gesofistikeerd en weerspieël ondervinding asook talent.
Só talentvol dat van haar kunswerke al saamgevat is in ‘n Franse kunsboek van Naive-kunstenaars regoor die wêreld, ‘Sachet Mixte Themes: Naive Art’ deur Simon O’Corra.
Sy glimlag breed wanneer sy hierdie styl van skilder beskryf en noem dat dit aanklank vind by haar persoonlikheid en denkwyse.

Deur hierdie tegniek van skilder kan sy haar verbeelding vrye teuels gee en ter selfder tyd bring dit ook goeie geestesgesondheid vir haar mee.

Maritza noem dat teken en verf vanaf ‘n jong ouderdom vir haar ‘n plek van toevlug was.
Op laerskool het sy reeds met verskillende mediums begin eksperimenteer en het ook kuns as vak op hoërskool in Worcester gehad, maar dit is waar haar formele opleiding eindig.
Haar tegniek het sy bemeester deur lang ure agter haar esel te spandeer en ook weens navorsing wat sy moes doen om haarself te bemagtig.

Harde werk en opoffering was altyd aan die orde van die dag.
Soveel so, dat sy op 30-jarige ouderdom deur Woolworths genader was om ‘n voorlegging te doen vir een van hulle lansdwye herwinngingsveldtogte.

Die voorlegging was ‘n wenner en een van haar kunswerke was op ‘n half miljoen Woolworths-sakke gedruk.
Ongeveer vyf jaar gelede het sy ook ‘n inkleurboek vrygestel.
Die fokus op dié wat daarvan hou om te speel met kleur as ook om hul kreatiewe gees ‘n bietjie te voed.
Maritza noem dat sy met baie idees in haar agter kop rondspeel en een van hulle is om kuns klasse aan te bied of selfs ‘n kunsskool te begin.

Hierdie idee lê baie na aan haar hart, aangesien sy voel dat daar nie genoeg gefokus en klem gelê word op die kunste nie.

Sy glimlag breed en sluit af deur te noem dat skilder en kuns vir haar soos suurstof is en nie slegs ‘n vorm van ontspanning of ‘n inkomste is nie. Indien mense met Maritza in aanraking wil kom kan hulle haar kontak by 084 015 4287 of ‘n e-pos stuur na: art@maritza.co.za

Haar skilderye kan ook besigtig word op haar Facebook blad: Naive art by Maritza van Zyl

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*