Day: April 1, 2022

Uys lei Malmesbury Veiligheid

Uys van der Westhuijzen, ‘n bekende gesig in komando- en millitêre-kringe, staan nou aan stuur van Malmesbury Veiligheid, ná hy verlede week tot voorsitter herkies is.
Malmesbury Veiligheid is ‘n organisasie vir en deur Malmesburiërs wat besluit het om in te spring en hand by te sit om die dorp en sy inwoners te beveilig.
“Die organisasie het ontstaan toe daar ‘n behoefte gesien is om die idee dat landelike veiligheid net op plase van toepassing het, in die kiem te smoor. Landelike veiligheid sluit jou dorpe in die landelike gebiede in en hierdie twee is onlosmaaklik van mekaar. Ons sal die dorp en die plase saam moet laat werk en dit gee vir ons meer hande om te help en oë op die grond en so die area veilig te maak en om krisisse te hanteer. Dit gee ons ook die moontlikheid om met instansies soos Swartland Munisipaliteit, wat deel is van landelike veiligheid, saam te werk. Ons moes ‘n weerbaarheidsstruktuur staanmaak,” verduidelik van der Westhuijzen.
Malmesbury Veiligheid het verskillende WhatsApp-groepe vir die verskillende buurte van Malmesbury, waar daar slegs noodgevalle op aangemeld word.
Die groepe en reaksie van die lede werk baie goed en die ondersteuning wat die publiek en inwoners vanaf die organisasie kry in oomblikke van nood, is onmiddellik.
“Die organisasie werk goed, want ons het mense wat passievol is oor dit wat hulle doen. Ons kan sien dit maak ‘n verskil. Ons het al komplimente van die polisie ontvang oor die lede se optrede binne die dorp.
“Ons is dankbaar teenoor diegene wat tyd en baie geld opoffer om van Malmesbury Veiligheid ‘n sukses te maak. Ons almal weet wat die brandstofprys is en wat dit nog gaan wees en die lede ry honderde kilometers op eie onkoste om ‘n patrollie op Malmesbury uit te voer. Hierdie gebeur ook op die plase. Dis groot areas wat gedek moet word. So maak ons ‘n verskil vir ander en vir onsself.”
Volgens Van der Westhuijzen sal die organisasie nog kan versterk as diegene wat buite die kring staan en deur die organisasie gehelp word, ook inklim en help en ondersteun.
“Ons doen goed, want ons mense is uit die gemeenskap, vir die gemeenskap, net soos ons slagspreuk sê.”
Volgens hom het staatsinstellings in talle ander provinsies nie meer die kapasiteit om te kyk na die omgewing waarin hulle val nie.
“Mense het besef dat hulle na hulself sal moet begin kyk ook. Wat nou die ongeluk hiervan is, is dat hierdie persone wat onbaatsugtig hulle diens, tyd en geld opoffer vir hierdie doel, se fondse kon aangewend word om besighede uit te brei of om infrastruktuur uit te brei. Die geld wat ons spandeer aan kameras en heinings en ander sekuriteitsmaatreëls, kon ons anders gebruik het.”
Volgens hom moet die stappe wat geneem word om die omgewing en sy mense te beveilig, die eerste keer reg geneem en uitgevoer word, sodat Malmesbury nie deel van statistiek word nie.
Volgens die Amerikaanse teorie van die Gebreekte Ruit-effek, moet selfs die geringste oortredings polisieër en teen opgetree word.
“Hierdie konsep verduidelik dat alles by hierdie petty crime begin en dat dit die pad aandui vir groter en meer ernstige misdaad wat in die toekoms wag vir die gebied.
“Hoe minder daar aan gedoen word, hoe vinniger kry die kriminele element sy houvas op die dorp.”
Dit sluit rommelstrooi en dronk op straat in.
“Ongelukkig lyk dit of Malmesbury stadig maar seker besig is om in hierdie rigting te gaan. Ons hoor van bendegeweld en bendehuise op Malmesbury. Hoe meer effektief die stede raak in die bekamping van misdaad, hoe meer kring hierdie probleem uit na die platteland. Polisiëring alleen is nie altyd die antwoord nie.
“Daarom probeer ons om die sosiale omstandighede ook aan te spreek om hierdie probleem te bekamp.
“Mense is ook baie ongeërg deesdae – los jou skootrekenaar in die voertuig, los jou handsak in die voertuig.
“Misdaad het twee elemente nodig – ‘n aanloklike teiken en die kans om weg te kom. Daarom kyk ons na ‘n holistiese benadering vir Malmesbury Veiligheid en om hierdie twee faktore uit die weg te ruim, sodat die geleentheid nie daar is om misdaad te pleeg nie.”
Van der Westhuijzen en die res van Malmesbury Veiligheid is dankbaar vir die goeie samewerking wat hulle van instansies, wetstoepassers en rolspelers ontvang om van hierdie organisasie ‘n sukses te maak.
Van der Westhuijzen deel sy top-veiligheidswenke:
Jy moet ‘n manier hê om te kommunikeer dat jy aangeval of beroof word, soos ‘n paniekknoppie wat jy op jou dra, sodat jy reaksie kan kry vir mense om jou te kom help.
Jy moet ook ‘n veilige kamer in jou huis hê, waar jy jouself kan toesluit indien iets gebeur en so kan veilig bly.
Jy moet aangeskakel en bewus wees van wat om jou aangaan. Nie bevrees nie. Wees bewus van wat rondom jou aangaan.
Moenie jou voertuig oop los of jou handsak in die voertuig los nie. As jy by jou huis inry, wees waaksaam, want dis juis hier waar jy jou waaksaamheid verslap.
Diegene wat by Malmesbury Veiligheid betrokke wil raak, kan die webtuiste besoek by www.malmesburyveiligheid.org of meer inligting op die organisasie se sosiale media inwin onder @MalmesburyVeiligheid op Facebook.

Fondse vir ACVV

Die afrit na die strand van Yzerfontein is voltooi en roep nou almal see toe. Met die fondsinsameling om die afrit te befonds, is ‘n surplus van R25 000 aan Ria Holder van die plaaslike ACVV oorhandig.

Fondse vir viervoetkinders

Chanie Griffiths (links) saam met die span van RE/MAX Valley Properties op Porterville het onlangs gewys waar hul liefde lê en fondse ingesamel vir viervoetkinders by die Porterville gemeenskapsmark om sodoende Minette Burger te help. Minette se hart klop ook warm vir diere en ontferm haar oor hawelose diere. Witzenberg Vets op Tulbagh het ook hand by gesit en ‘n stewige afslag op die agt babahondjies se inentings gegee. Die span is weer op 17 April by die mark, waar hulle fondse vir nog ‘n goeie doel sal insamel.

Swartland Funerals gee terug

George Retief gee raad met jou herfstuin

Ons is nou amptelik in HERFS !!
Die oggende en aande is heelwat koeler en die ergste warm dae het bietjie gewyk. Kom ons gesels bietjie oor ons HERFSTUINE en die plant van BLOMBOLLE vir laat winter en lente blommeprag. Indien jy nog nie begin het met jou grondvoorbereiding nie, is dit nou die tyd om jou grond reg te kry en te besluit wat plant jy waar.
•Blombolle kan in enige tuingrond geplant word, mits dit goed dreineer, lekker diep omgespit is met genoeg KOMPOS en BEENMEEL ( of ROCK DUST ). Die ideale tuingrond is ‘n LEEMGROND wat bestaan uit gelyke dele; sand, klei en humus (kompos). Die humus gee die grond lewe deur dit brokkelrig te maak sodat lug, vog, voedingstowwe en plantwortels makliker daardeur kan beweeg. Die aksie van BAKTERIEë in die grond breek hierdie organiese materiaal af tot minerale en koolstofdioksied wat deur die plant gebruik word as voeding.
•Die volgende belangrike stap is om seker te maak dat jy net goeie kwaliteit blombolle koop. Blombolle is maklik om te groei, want die blombol het al die energie wat dit benodig reeds opgegaar. Nadat die bol geplant is, het hulle net die regte temperatuur, water en goeie grond nodig om die tuinier te beloon met ‘n skouspel van blomme wat net hulle kan voortbring. Die winterbolle wat nou geplant moet word, het KOEL GROND nodig. Die groep bestaan uit die volgende soorte; Anemone, Hollandse Iris, Freesias, Muscari, Tjienkerientjees, Sparaxis, Tritonias, Freesias, Ranonkels, Hiasinte. So bietjie later by Meimaand kan die Leucojum, Affodille & Lilium (lelies) in die grond kom.
•Alle blombolle se verpakkings dui aan hoe diep en wyd dit geplant behoort te word. Sekere bolle kan oornag in water geweek word, wat sal help dat dit beter en vinniger begin uitloop. Moenie jou bolle elke dag net ‘n bietjie natmaak nie, dit is beter om die beddings (of potte) eerder elke 4 tot 5 dae uitmekaar lekker diep (±15cm) te deurweek, dan kom die vog by die wortels uit. By ons in die Wes-Kaap reën dit wintertyd, maar monitor jou grond, moenie dat jou grond heeltemal uitdroog nie; DAN KAN DIE BOLLE DIE BLOMME ABORTEER.
•Die meeste bolle word met die punt na bo geplant, behalwe ranonkels (met toontjies na onder). Anemone is ‘n moeilike bol om te weet wat is bo en wat is onder, wanneer die bolle in water geweek was, is dit soms makliker om die “ogie” raak te sien en dit moet na bo wys en dan is dit gewoonlik met die punt na onder. Kleiner soorte bolle lyk goed in groepe van 20 bymekaar en die groter bolle in groepe van 10. Wees versigtig om winterbolle teen ‘n warm muur of langs ‘n warm oprit te plant – veral tulpe, hiasinte, Hollandse irisse & affodille sal daar nie goed vaar nie. In hierdie beddings sal ‘n massa ranonkels of anemone ‘n lieflike vertoning maak. Kom steek kers op by jou plaaslike kwekery en begin met jou winter-blomboltuin.
•En nou net kortliks oor die res van die tuintake:
•Vir tuinblomme begin nou saai en plant – daar is ‘n groot verskeidenheid soos byvoorbeeld; pronkertjies, bokbaaivygies, Namakwalandse madeliefies. Daar is ook saadmengsels vir son en skadu, asook die geharde Namakwalandse blomme mengsel en nog vele meer.
•Wintersaailinge wat in ses-pak bakkies kom, word nou al meer beskikbaar en die eerstes behoort nou al op die kwekery se rakke te begin vertoon.
•Deklaag: moet nie vergeet om ‘n goeie deklaag om jou plante te gooi nie, dit hou nie net die vog in die grond nie, dit beskerm ook die plante se wortels teen uitermatige koue en ryp.
•Grasperke: voed nou jou grasperk met: 4:1:1 of 3:1:5 of 2:3:2 of Atlantic Bio Ganic Lawn om die gras sterk te maak vir die wintermaande. Jy kan ook nou begin om voorkomend te spuit vir wintergras en ander onkruid met LAWNTYL, dit maak die saad dood sodra dit begin ontkiem.
•Plant in die regte seisoen: in die winterreënvalgebied is dit ‘n baie goeie tyd om nou jou nuwe bome en struike te plant, die weer is meer gematig en daar is altyd die vooruitsig van goeie reëns. Die plante kan hulself nou beter vestig en wanneer die somer oor 6 maande weer begin is hulle al lekker sterk.
Lekker tuinmaak en ons wens u ‘n GESEëNDE PAASFEES toe.
Ons gesels weer op 27 April.

George Retief

Betrekkings

Character and charm in abundance in Tuin Street

Promotion:
Full of robust character and irresistible charm – that is exactly what you will find when visiting this piece of paradise in Tuin Street 27, Moorreesburg.
This Swartland town is currently one of the most emerging towns in the Swartland region in terms of safety and value-seeking real estate opportunities. Look no further than this modern, fully renovated Old Pastorie. This is exactly what country living is all about.
Beautifully renovated from top to toe – ready for new owners who seek comfort and peace of mind. It has character in abundance.
The house features unique wooden and tin pressed ceilings throughout as well as wooden and tiled floors. It is extremely spacious with old world charm and modern fittings that compliment the look and feel of the property.
The main bedroom has with built-in cupboards and an en-suite bathroom with bath, shower, basin and toilet.
The 2nd and 3rd bedrooms has built-in cupboards and ceiling fans.
The 4th bedroom is ideal to be used as a study, for home-schooling, playroom for children or an artist studio.
The kitchen with separate scullery also features a built-in stove and newly fitted cabinetry.
See yourself relaxing in the spacious dining room and lounge overlooking the large erf with matured trees and double garage – all when feeling safe and secure behind the fence that surrounds the property that also has burglar bars.
Contact Bruwer de Jager on 082 928 4743 for a viewing.

Griebenauw deur na rolbal se uitkloprondtes

Die afgelope Sondag het 6 mans van Malmesbury Rolbalklub hulle staal gaan toon in die WP Enkelspel Ope-kampioenskappe, met Daniël Griebenauw wat beide sy wedstryde wen en sodoende deurgaan na die uitkloprondtes.
Hy klop sy teenstanders van Glen en SA Polisie 21-13 en 21-7 onderskeidelik.
Hy speel Saterdag 12:00 op Durbanville teen ‘n speler van Old Oak.
SG Basson, Marius Huysamen en Roux Vermeulen verloor almal hulle wedstryde, maar voel tevrede met die spel peil wat hulle gebied het.
Brian Howell verloor in die Veterane- afdeling, en in die Novice-kompetisie is Rainier van Zyl ongelukkig om sy tweede wedstryd te ver te verloor om deur te gaan nadat hy sy eerste wedstryd 21-8 gewen het.
Intussen gaan die klubkampioenskappe voort, met die ope afdeling se kwarteindstryde die 7de April.

Date set for Berg 2022

The organisers of the iconic Berg River Canoe Marathon have confirmed that the event will return to its traditional date on the first week of July, and have announced that the 61st running of the four-day race from Paarl to Velddrif will take place from 6 to 9 July 2022.
The much-anticipated 60th anniversary edition of the race was staged a month later than usual last year as the race organisers in conjunction with Canoeing South Africa sought to ensure that race took place against the backdrop of Covid-19 lockdown regulations.
With the success of the 2021 event to build on, the Western Cape Canoe Union was eager to get the 240km race back to its familiar mid-winter place on the national calendar.
Event manager Brandon Macleod said that the race would continue to build on its legacy and traditions, while working hard to make sure it remained accessible and a target for the upcoming generations of paddlers.
“Every year paddlers from around the country and around the world are inspired by the achievements of every single person who finishes the Berg, and for many it becomes a bucket-list event”, said Macleod. “We have a responsibility to make sure that in another sixty years’ time the Berg remains a race right at the top of paddlersâ” priority lists all over the world,” he added.
The event aims to capitalise on winter rainfall to ensure a full and fast-flowing Berg River for the race. The shifting weather patterns of the La Nina years have made the optimal race dates difficult to pinpoint, but the event organisers are confident that the wet El Nino phase that ensured a lot of heavy rainfall over the northern parts of the country during the summer will lead to a wet Cape winter as well.
“Every Berg paddler understands that they have to deal with the Cape winter weather and water levels as they find them on each day of the race,” said Macleod.

CK spog met SA-kampioen

Micah Africa van Malmesbury spog nou met die titel as Suid-Afrika se o.13-200m hekkie-kampioen.
Volgens Micah het hy nooit kon droom om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te kon deelneem nie.
“My mikpunt was om by Wes-Boland te kom vir my naellope,” vertel hy.
Micah het aan talle items deelgeneem en gee toe dat sommige van hierdie baie uitdagend was.
Hy het ‘n eerste plek in al sy items behaal op plaaslike en Wes-Boland-vlak.
Met sy insluiting in die Bolandspan, het hy voortgegaan om sy oorwinnings voort te sit.
Waarin hy wel nog meer uitgeblink het, was in die 200m hekkies-item.
“Die kompetisie was baie uitdagend, maar dit was lekker.”
Micah het ‘n goue medalje in die hekkies, die 200m-aflos, en ‘n bronsmedalje in die 200m naellope ontvang.
“Dit was ongelooflik om op TV te kon hardloop.”
Micah is afgerig deur Joshua Freeman en ondersteun deur Elmarie Marais wat hom die korrekte tegniek geleer het.