Stand van die Damme

Stand van die Damme

Die damvlakke van die voorsieningskanaal van die Wes-Kaap het Maandag op 81.7% gestaan, in vergelyking met verlede week se 83.4% en verlede jaar dieselfde tyd se 69.3%.

Die Bergrivier se vlak het Maandag op 81.9% gestaan. Verlede week het die damvlak op 83.9% gestaan en verlede jaar dieselfde tyd op 84.4%.
Die Laer-Steenbras is nou 76.8% vol, in vergelyking met verlede week se 79.1% en verlede jaar se 75.6%.

Die Theewaterskloofdam het Maandag op 85.4% gestaan. Verlede week was die dam 86.6% vol en 62.8% verlede jaar op dieselfde tyd. Die Wemmershoekdam was Maandag 82.3% vol, waar dit verlede week op 84.2% gestaan het. Verlede jaar was die dam dieselfde tyd 69.9% vol.

Die Voƫlvleidam was Maandag 76.2% vol. Verlede week het die dam se vlak op 78.5% gestaan en verlede jaar op 70.6%. Bron: www.capetown.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*