Day: February 6, 2022

Atletiek in die Swartland

In die Swartland is skoliere druk besig om hul atletiektalente op die baan en veld ten toon te stel. Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg en ook die Hoërskool Swartland op Malmesbury het die afgelope week hul interkleure atletiekbyeenkomste aangebied. Op Moorreesburg het die Goud-span die atletiekbeker ingepalm. Anka Crous het die o.17-hamergooirekord verbreek en vanaf 34.30m verbeter na 36.61m. Op Malmesbury het die Blouspan geseëvier met die Goudspan wat die geesbeker verower het. Foto’s deur Ghida Visser en Cor Cronjé.

Reëlings vir ekspo vorder fluks

Ná twee jaar se afwesigheid, is die beplanning vir die kykNET Buite Ekspo in volle swang! Alhoewel dit onder streng Covid-19-protokol moet plaasvind, is besoekers en organiseerders baie dankbaar dat daar vanjaar weer ‘n ekspo aangebied kan word.
Dit word oudergewoonte weer op die Môresonplaas net buite Malmesbury aangebied. Die ekspo word al sedert 2014 hier aangebied en vind plaas die naweek van 25 tot 27 Maart 2022.
Daar moes ‘n paar logistieke veranderinge aangebring word op die terrein om binne die Covid-19-protokol te val, maar die organiseerders het probeer om dit met so min as moontlik ongerief te doen. Die besoekers en uitstallers se gesondheid kom eerste en dit is dus ‘n prioriteit om alle maatreëls in plek te sit.
Die ekspo beloof om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is op die talle buitelewe-uitstallers wat van die nuutste produkte tans beskikbaar in die kampeer- en 4×4-mark uit te stal. Die geleentheid word in ‘n veilige plaasatmosfeer aangebied en alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik gebruik sou word deur die koper.
Daar word weer verskeie aktiwiteite aangebied as deel van die ekspo wat tans gefinaliseer word. Hierdie jaar is Action Ford Malmesbury weer aan boord met die Ford Raptor-ervaring, waar die publiek gratis saam met ervare bestuurders kan saamry en sien waartoe hierdie ongelooflike voertuig in staat is. Kom ervaar ook die gewilde helikopterritte en bekyk die Swartland vanuit die lug. Daar sal weer ‘n lekker braaikompetisie aangebied word saam met Jimmy’s Sauces en kykNET-akteurs en moenie vergeet van die Hankook-kunstenaars wat gaan optree nie, maar meer hieroor later.
Oudergewoonte sal daar nie teleurgestel word met die ‘vloeibare verversings’ nie en dit beloof om weer uit die boonste rakke te wees asook ‘n groot verskeidenheid beskikbaar.
Daar sal ook ‘n groot verskeidenheid kosverskaffers wees en wie kan nou nee sê vir lekker feeskos.
Vir die dames sal daar ‘n kuns- en snuffelmark wees waar daar ‘n groot verskeidenheid van hierdie kwaliteit produkte beskikbaar sal wees.
Ons het ook nie vergeet van die kinders nie en daar sal ‘n lekker groot pretpark wees en Lollos verras weer die Sondagoggend met een van hulle treffervertonings.
Daar sal verskeie interessante aktiwiteite ens nog aangekondig word, maar dis veilig om te sê dat daar iets vir almal sal wees om te doen, met die fokus natuurlik op die buitelewe uitstallings.
Kaartjies sal binnekort beskikbaar wees by Computicket en ook by die hekke gedurende die ekspo. Besoek gerus ons webwerf by www.ekspo.co.za en alle uitstallers navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za.

Swartlanders in sensus getel

“Elke paar jaar rol die Nasionale Regering ‘n sensus-projek uit wat daarop gemik is om data in te samel oor Suid-Afrikaners. Die data word gebruik as ‘n hoeksteen vir alle beplanning en begrotings, vanaf munisipale vlak tot op nasionale vlak.
“As ‘n Munisipaliteit is dit vir ons uiters belangrik dat elke inwoner van Swartland deel neem aan die proses.”
So sê die uitvoerende burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, raadsheer Harold Cleophas.
“Akkurate data oor die hoeveelheid huishoudings, sosio-ekonomiese omstandighede van huishoudings, en toegang tot basiese en gevorderde dienste, is uiters belangrik. Die data speel ‘n deurslaggewende rol wanneer dit kom by die deel van die Nasionale en Provinsiale begroting waarop ons geregtig is.
“As inwoners dus nie deel neem nie, kan dit wees dat ons in die toekoms minder befondsing vir projekte vanaf die Nasionale en Provinsiale Regering sal ontvang en dit kan ‘n negatiewe impak op dienslewering hê, wat weer belastings kan beïnvloed. Deur deel te neem aan die sensus, help u ook ‘n akkurate prentjie te skep oor waar watter dienste benodig word, veral wat provinsiale en nasionale dienste betref. Sensus-data kan ons help om die aanvra van skole en klinieke te ondersteun.”
Stats SA gaan drie metodes gebruik om die sensus mee uit te voer:
• Rekenaarondersteunde Persoonlike Onderhoud (CAPI),
• Rekenaarondersteunde Webonderhoud (CAWI), en/of
• ‘n Rekenaarondersteunde telefoniese onderhoud (CATI).
“Alle inwoners word aangemoedig om te registreer en u voorkeuropsies te kies om die sensusvraelys óf met óf sonder die bystand van ‘n sensusveldwerker te voltooi. Registrasie kan via slimfone of rekenaar gedoen word verg geen data nie. Indien u enige probleme met die aanlyn registrasieproses ervaar, kontak asseblief die STATSSA-inbelsentrum by 0800 110 248.”
Om te registreer gaan na https://getcounted.statssa.gov.za/#!/home . Die sensus begin op 2 Februarie 2022.

Rolbal val net-net vas

Malmesbury se mansrolbalspan het Saterdag op Goodwood se perk met eer uit die stryd getree, ondanks ‘n naelskraapse verloor van 36-37.
Die span van Daniël Griebenauw, Marius Huysamen, Lodewyk Lesch en Jeff Petersen verloor op die laaste kop 15-18 ná die telling gelykop was na 20 skofte.
Die eerste stel deel hulle 7 elk, maar tel in die tweede stel op die laaste skof 3 punte op om 7-3 te wen.
In die laaste stel het hulle die wind van voor gekry en kon hulle slegs op die tweede laaste skof 1 punt aanteken, voor die noodlot toeslaan en hulle die 3 skote afstaan. So het hulle 1,5 punte teenoor Goodwood se 3,5 verdien.
In die ander wedstryd veg Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Brian Howell en Rainier verbete terug ná hulle 4 skote op die eerste skof afgee, maar wen die stel 10-7.
Die tweede stel verloop ook baie goed en wen hulle 6-2, net om op die 1ste twee skofte van die derde stel 5 en 2 af te gee, wat ‘n 16-9 voorsprong op 16 elk laat.
Met 4 punte voor met die aanvang van die laaste skof en groot hoop om die wedstryd algeheel vir Malmesbury te wen deur net die skoot te lê, kyk die geluksgodin weg en Goodwood skuif die witbal in ‘n onbereikbare posisie in om 2 skote op te tel.
So, alhoewel die span 21-19 wen, behaal Goodwood 1 skoot meer, met daardie 2 punte ook in hulle sakkie, en Malmesbury verloor dus 5,5-6,5.
Brian het na ‘n jaar uit kompeterende rolbal, en na talle jare by Mowbray, baie ondervinding gebring na die span, en behoort gou weer sy voete te vind.
Malmesbury bly in die 4de posisie ná Gordonsbaai, Goodwood en Old Oak, en speel Saterdag tuis teen Glen Country Club.
In die WP Trips behaal Malmesbury se span ‘n goeie oorwinning tuis teen Bellville.
Dawie Horn, wat sy debuut in die liga gemaak het as skip, Ricardo Rickett en Tia Petersen wen al drie hulle stelle met 4-3, 7-5 en 11-4 onderskeidelik om 22-12 te wen.
Die span van Deon Bosch, June Rickett en Henfré Brand deel die eerste stel 4 elk, verloor naelskraap die tweede 7-8, en verloor kop op die laaste skof om 5 skote af te staan en die telling 15-23 te maak.
Maar gegewe die onervarendheid van die spelers, is die wen van 37-35 nie te versmaai nie en op die punteleer wen hulle 7,5-4,5.
Hierdie span speel ook Saterdag tuis teen Mowbray.
Almal is welkom om die spelers te kom aanmoedig.

Betrekkings

Posduifklub vereer lede

Die 2021-wedvlugseisoen het weereens vanuit die staanspoor baie sterk en gesonde kompetisie gebied tussen al die lede van die Malmesbury Posduifklub-vereniging.
Die duiwe van Kenneth Edas (Team Neo Vision) het baie goed weggespring en hy is gekroon as die Kort Afstand-kampioen.
Erlo Kotzé (Kotze Familie-hokke) het met ‘n sterk eindpoging die MIddel- en Lang afstand-kampioenskap ingepalm.
Kotze Familie-hokke is ook gekroon as die Algehele Kampioen vir 2021.
Johan Steenkamp se duiwe het baie konstant gevlieg en het in die algehele tweede posisie geëindig
Johan Loubser (Bordeaux A) het in ‘n verdienstelike algehele derde plek behaal.
Kotze Familie-hokke het die meeste wedvlugte gewen met ‘n totaal van 11.

Die verskillende kategorie wenners vir 2021 is soos volg:
Kortafstande :
1ste: Team Neo Vision
2de: Marais Hokke (KSD)
3de: J Steenkamp
Middelafstande:
1ste: Kotze Familie hokke
2de: Bordeaux A
3de: J Steenkamp

Langafstande :
1ste: Kotze Familie hokke
2de: J Steenkamp
23de: LImbardi (Rudi Lombaard)
Jongduif punte
1ste: Team Neo Vision
2de: J Steenkamp 3de: Bordeaux A
Ou Duif Punte:
1ste: Kotze Familie Hokke
2de: J Steenkamp
3de: Bordeaux A

Duif met Meeste Punte:
1ste: Kotze Familie Hokke
2de: LF van Dalen
3de: JA Lombaard Jnr.

Algehele Kampioen:
1ste: Kotze Familie Hokke
2de: J Steenkamp
3de: Bordeaux A
Die Bestuur bedank wereens almal vir die goeie en gesonde gees en sportmanskap wat geheers het tydens die seisoen. Die kompetisie tussen die lede was baie goed en beloof om komende seisoen net nog strawwer te wees.
Enige iemand wat belangstel om meer uit te vind oor die sport kan gerus die Voorsitter, Rudi Lombaard, kontak op 084 622 4730

New method to renew vehicle license online

The South Africa Post Office has launched an online service for the renewal of motor vehicle licences from any online device.
The full renewal process, including payment, will be done online, leaving only the last step of accessing the actual disc, the post office said. This will be done in one of two ways:
The Post Office can deliver the disc to the customer at an affordable delivery fee
The disk can be collected from a Post Office counter.
“Payment is done safely and securely through Masterpass, which the user can download from the Google Play Store for Android devices and the Apple App Store for Apple devices.
“No commission is charged on the renewal transaction. The cost of delivery to door is R75 and there is no charge to the customer when it is collected from a Post Office counter.”
The customer will receive an SMS when the disk arrives at the destination Post Office for collection or when it goes out for delivery.
The post office said customers can expect a turnaround time of three working days, while it may be up to two days longer for outlying areas.
The service is available for vehicle owners in all provinces of South Africa except, currently, the Western Cape. The South African Post Office is working to extend the service to this province as well.
The online renewal facility for motor vehicle licences supplements the renewal service at selected Post Office branches, and customers will still be able to renew their vehicle licences at these branches. Customers who renew a vehicle licence at a Post Office branch receive the new disc immediately.
“The South African Post Office also offers bulk motor vehicle licence renewal for fleet operators and businesses, both big and small,” it said.
“This service entails the collection of all necessary documentation from company premises, taking them back to the Post Office for processing, printing of the discs and delivery back to the offices of the customer.”
-Business Tech

Roses ‘n doring in ander se vlees

Die span van Roses United het as die oorwinnaars uit die stryd getree in vanjaar se Malmesbury Superspar Wesbank 7’s-toernooi wat die naweek op Malmesbury aangebied is. Die dag was vol rugbyaksie, ten spyte van die uitdagende hitte. Foto’s: David Howburgh