Category Archive : News

Color Run op Malmesbury

Op Malmesbury het die kleurstof behoorlik gespat in vanjaar se Colour Run ten bate van Kansa.
Ondersteuners het spanne opgemaak en mekaar behoorlik met die verfpoeierballe geklits

  • alles vir ‘n goeie doel. Talle plaaslike besigheid het ook ingespring om te help en om die dag
    ‘n sukses te maak. Die dag het R10 000 vir Kansa ingebring.

Tenders – Betrekkings

Eugene presteer in natuur

Gedurende die afgelope vakansie het Eugene Vermaak, ‘n leerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, aan ‘n natuurberoepskursus deelgeneem wat aangebied is deur Gameways te Lephalele, waar hy’ ‘n slaag syfer van 90% behaal het.

M2C vir Malmesbury Fietsryklub

Lede, ondersteuners en vriende van die Malmesbury Fietsryklub het Saterdag die pad tussen Malmesbury en Yzerfontein te fiets aangedurf in die jaarlikse M2C, oftewel Malmesbury tot die see. Die ryers het die nattigheid en modder trotseer en die dag behoorlik geniet. Die groep het by die skougronde weggetrek en op Yzerfontein by die karavaanpark geëindig. Die Malmesbury Fietsryklub bedank alle borge en ondersteuners van hierdie gewilde rit.

Welgemeend, Lions, kyk na vrede

Die leerders van Welgemeend Primêr buite Malmesbury het onlangs hul kreatiwiteit vrye teuels gegee toe hulle aan die Malmesbury Lions se Vredesplakkaat-projek deelgeneem het. Die leerders het die opdrag gekry om hul idee van vrede uit te beeld. Diegene wat ‘n eerste, tweede en derde plekke behaal het in hul ouderdomskategorieë het elk ‘n kontantprys, geborg deur die plaaslike Lions-klub, asook ‘n anonieme weldoener, ontvang. Fondse is ook bekom deur ‘n tweedehandse televisiestel wat aan die klub geskenk is, te verkoop. Onder is Ruwhan Erentze, die wenner in die Graad 4 tot 7-afdeling, saam met Lion Marina van der Merwe.

Betrekkings

Renjaer

Eudrich Huysamen van Malmesbury het die naweek weer ‘n eerste plek in die 300cc-klas in die Swartland Oval Karting se wedrenne behaal. By hom is sy jongste onderstener, Chris-J (3). Die klub se volgende wedren vind op 30 Oktober plaas en toeskouers is weer welkom volgens die nuwe inperkingsmaatreëls.

Sersant Henry du Randt oor boelie-dedrag en geslagsgebasseerde geweld

Sersant Henry du Randt van die Malmesbury Polisiekantoor het onlangs die jeug van die Jeria Jeugsentrum ingelig oor boelie-gedrag en geslagsgebasseerde geweld. Hy het die jeug gemotiveer om hul skoolloopbane te voltooi en nie by kriminele aktiwiteite betrokke te raak nie.

Phillips oogkundiges reeds 76 jaar tot u diens

Riebeekvallei & Swartland nou ‘n gesogte verkopersmark

Daar is goeie nuus vir huiseienaars in die Riebeekvallei en ander omliggende dorpe wat daarin belangstel om hul eiendomme in die mark te sit. Volgens Damian Krige en Radie Brand van Wykland Riebeek-Kasteel is hierdie streek beslis tans ‘n verkopersmark.
“In die byna 32 jaar wat ek in die eiendomsmark betrokke is as agent het ons ervaring van ‘n verskeidenheid probleme wat kom en gaan. Dink maar aan die laat-tagtigs toe rentekoerse tot oor die 20% gestyg het. Hoë rentekoerse veroorsaak dat sommige eienaars verplig word om te verkoop. Tans ervaar ons ervaar ons egter die mark as positief vir beide kopers en verkopers,” verduidelik Radie Brand.
“Die rentekoers is op die oomblik redelik laag, wat help dat verbande meer geredelik beskikbaar is, veral ook vir eerste kopers. Baie van die huidige kopers wat ons bedien is egter persone wat reeds ‘n eiendom besit, en kies om dit te verkoop om eerder in die pragtige Riebeekvallei te kom vestig.”
Volgens beide Radie en Damian het COVID-19 ook ‘n groot impak gehad op die populariteit van die Swartland-streek as geheel, en Riebeek-Kasteel in spesifiek.
“Die tuiswerk-tendens wat sterker posgevat het tydens COVID-19 en die moderne tegnologie wat dit moontlik maak om oor ‘n afstand te werk gee mense meer opsies. Maar selfs al moet mense gereeld ry terwille van werksgeleenthede tel die goeie paaie in ons omtrek steeds in hul guns,” verduidelik Radie.
Damian Krige is dit eens dat die mark bykans handomkeer verander het na afloop van die COVID-19-grendeltydperk.
“Riebeek Kasteel en in die Swartland-area het baie goed begin doen in die afgelope 5 jaar met al die ontwikkelinge wat plaasvind in die omgewing. Dit het ‘n baie invloed gehad op die mark, en oorgespoel na die vallei en al langs die kus op,” verduidelik hy.
“Voor die COVID-19-pandemie in die prentjie gekom het, was Riebeek-Kasteel en die Swartland-area beslis ‘n kopersmark. Mense in stede en ander digbewoonde areas het egter in die grendeltydperk weereens besef hoe belangrik hul persoonlike ruimte is en hoe nou dit gekoppel is aan hul lewenskwaliteit. Daarom het baie individue en families wat miskien nie van te vore in die Swartland-omtrek sou kyk na woonplek nie, na die ergste van die grendeltydperk verby begin om huise hier te besigtig.
“Van die nuwe huiseienaars van wat nou op Malmesbury en Riebeek-Kasteel bly het dit moontlik gevind om hul finansiële posisie presies dieselfde te hou van waar hulle in stede soos Kaapstad en Johannesburg verkoop het en gekies het om in hierdie rigting te trek sodat hulle die stadiger, meer landelike leefstyl kan geniet maar steeds kan aangaan met hul werk soos van te vore.
“Dinge is beslis stiller hierso, en daar is meer beweegruimte, skoner lug en beter water – dit alles het ‘n baie goeie impak op die mark gehad.”
Lees in ‘n komende uitgawe meer oor hoe die deursnee-koper in hierdie areas oor die afgelope tyd verander het, en hoe die beperkte bouruimte in dorpies soos Riebeek-Kasteel bydra tot die positiewe ontwikkeling van gemeenskap en omgewing as geheel.
Indien jy intussen belangstel om jou eiendom op Riebeek-Kasteel of die res van die streek in die mark te sit, tree gerus in kontak met Wykland Riebeek-Kasteel op info@wyklandproperties.com of 022 448 1232. – Anna-Bet Stemmet