Category Archive : News

Hakke vir Huis Dahlia

Die Dahlia-huis op Malmesbury, onder leiding van Cynthia Slingers, het onlangs ‘n fondsinsameling vir die sentrum gehou genoem “Men on heels for kiddies meals”. Twee plaaslike rugbyklubs se lede, Wesbank RVK en Never Despair het hul rugbytokse verruil vir hoë hakke. Leoniel Pietersen het die aand as die oorwinnaar uit die stryd getree, met Shaun Pietersen as eerste prinses en Riduwaan April as die tweede prinses. Hier is Werner Debba, Jacky Lamburg, Cynthia Slingers, Magaret Fernandez, Mark Newman en Celest Arendse.

Hierdie Posduif voldoen in al jou druk- en poswerk

‘n Unieke naam vir ‘n winkel wat vinnig ‘n huishoudelike naam sal wees – Die Posduif.
Hierdie besigheid is die eerste volwaardige druk- en poswerk-onderneming in die Riebeekvallei.
Posduif spesialiseer in digitale drukwerk, van klein tot baie groot en op verskillende mediums, byvoorbeeld canvas, fotopapier en meer.
Hier sal jy ook jou nuwe besigheidskaartjies kan laat ontwerp en druk, asook pamflette, bouplanne, groot foto’s, kunswerke plakkate en meer.
Jy sal ook by Die Posduif jou foto’s vir jou identiteitsdokument, paspoort en visa laat neem. Hulle kan selfs poskaarte van jou selfoonfoto laat druk.
Dis nie al nie!
Lamineerwerk, skandeerwerk, bindwerk…noem dit op en Die Posduif kan dit vir jou doen.
Hulle gee jou ook toegang tot jou epos, asook internetdienste.
Hulle verkoop selfs skryfbehoeftes en papier!
Posduif sal ook jou advertensie, plakkate, uitnodigings en meer ontwerp.
Dit alles onder die wakende oog van eienaars Willem en Janine Coetsee, met personeel Foster Smith en Livia van Schalkwyk.
Posduif is oop vir besigheid vanaf Maandag tot Donderdag tussen 09:00 en 18:00, Vrydag tussen 09:00 en 17:00 en Saterdag tussen 09:00 en 12:00.

Kontak die winkel by 073 440 3805 of 065 902 3898.
Stuur ook ‘n epos na dieposduifwinkel@gmail.com of dieposduifcreative@gmail.com.

Betrekkings

Rugby-aksie weer in volle swang

In die Boland Rugbyklub se Groot Uitdaag-reeks, het Wesbank-rugbyklub se derde span met dié van Good Hopes met 17-13 afgereken. Foto: David Howburgh

Wen met Oesafskop-dans

Die Swartland Oesafskop-dans en fees vind eersdaags op die Môresonplaas buite Malmesbury plaas.
Die fees is gedagboek vir 27 Augustus.
Sangers soos Riaan Benade, Karlien van Jaarsveld, Ramey Short, Eloff en Dassie sal hier te sien wees.
Die fees word aangebeid deur Dirkie G Produksies.
Kaartjies beloop R295 vir algemene toegang en R250 vir diegene wat vroegtydig hul toeganskaartjies koop.
Vier lesers sal elk ‘n kaartjie wen na hierdie opwindende dans.
Stuur jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 061 555 0344 teen 5 Augustus om 12:00.

Vraag: Wie is die aanbieder van vanjaar se Swartland Oesafskop-dans en fees?

Discount Boards Malmesbury vier 10 jaar

Discount Boards op Malmesbury het die afgelope dekade van krag tot krag gegaan en onder soms uitdagende omstandighede steeds bly groei.

Die winkel het in Julie 2012 begin om ‘n realiteit te word.
“Ons het ‘n mark op Malmesbury raakgesien en binne twee weke het die winkel sy deure geopen,” vertel takbestuurder Ernes van den Heever.
Van den Heever het sy tasse gepak en die pad vanaf Vredenburg na Malmesbury gevat en hom hier gevestig.
Die winkel het op 1 Augustus van daardie jaar sy deure vir die publiek geopen.
Die winkel het 10 jaar gelede in ‘n gebou van 400vkm begin.
Die winkelspasie is gehuur en die voorraad was skaars.
Vandag besit hulle ‘n gebou van 1000vkm en hou dubbel die hoeveelheid voorraad nou aan.
Discount Boards skryf hul sukses en groei toe aan die kliëntediens wat hulle lewer.
“Ons kliënte is die belangrikste deel van die besigheid. Sonder hulle sou ons maar gesukkel het,” vertel Van den Heever.
Discount Boards bied kompeterende pryse en diens van uitstaande gehalte en hier kan jy alle kasbou-benodigdhede vind.
Die hoogtepunt in die personeel se dag by die winkel is om te hoor hoe tevrede en gelukkig ‘n kliënt by die winkel uitstap.
Die winkel beskik oor 13 personeellede, 10 by die masjinerie en drie verkoopspersoneel.
Besoek gerus die winkel vanaf Maandag tot Vrydag vanaf 07:30 tot 17:00 en Saterdae vanaf 08:00 tot 12:00. Kontak hulle by 022 487 2844 of besoek hul perseel in Schoonspruitweg 33.
Stuur ook ‘n epos na ernesv@discountboards.co.za, saberiep@discountboards.co.za, wesleyv@discountboards.co.za met enige navrae.
Discount Boards nooi almal om deel van die verjaarsdagvieringe te wees op 1 Augustus. Heerlike worsrolle sal gebraai word.

“Moenie toelaat dat omstandighede jou definieer,” sê kunstenaar Willem Vries

Jana du Plessis Muller

Gebore in 1982 op Moorreesburg, Willem Vries is ’n kunstenaar met ’n doelwit en ’n ligtheid wat duidelik gesien kan word in sy kunswerke en sy menswees. Maar hierdie nederige Riebeek-Wes-inwoner het met toewyding en harde werk daarin geslaag om die donker skaduwees van sy verlede hok te slaan en uiteindelik sy doelwitte te bereik. Nie net is Vries vandag ’n kunstenaar wat raakgesien en plaaslik ondersteun word nie, maar hy deel ook graag sy vaardighede met ander.
“Die enigste goeie skaduwee uit my kinderjare wat my steeds volg – en wat ek verwelkom – is kuns,” vertel Vries waar ons gesels by Gallery 7 on Plein op Riebeek-Kasteel. Vries se werke word gereeld tentoongestel by die gallery. “Dit was altyd my droom om eendag my kuns in ’n gallery te sien hang en vandag het Gallery 7 my hierdie geleentheid gegee. Ek is baie bevoorreg.”
Nooit sou die jong Willem Vries kon dink dat sy werk eendag deur gallerybesoekers gekoop sou word nie. Armoede en geweld was deel van Vries se grootwordjare en as kind het hy geteken om van sy omstandighede te probeer ontsnap.
“Ek het op enige iets geteken – van borde tot mure – en op skool het ek onbewustelik aanhou om te krap, krap, krap en nie tóé besef dat ek eintlik besig was om my kunsstyl te verken nie.”
Al het die omstandighede hom so gedruk dat hy gevoel het hy wil kuns los, het hy aangehou, maak nie saak hoe swaar dit geraak het nie. Van verbeteringskool na gevangenis, het Vries aanhou teken waar hy homself ook al bevind het. “Kuns was soos ’n skaduwee wat my oral waar ek gegaan het, gevolg het, maar ek het dit eers jare later ernstig begin opneem.”
’n Kennis van Engeland het Vries se potensiaal raakgesien en vir sewe jaar ’n pad met hom gestap. Sy het haar kennis met Vries gedeel en hom aangespoor om sy vaardighede te ontwikkel. “Ek was desperaat om verder te leer, maar die proses was vir my te stadig,” sê hy, “Toe ek saam met hierdie kunstenaar begin leer het, het dinge uiteindelik vir my in ’n rigting begin beweeg. ’n Nuwe prentjie het vir my oopgegaan.”
Deel van hierdie prentjie was ’n geloofsontwaking sowel as ’n ontdekking van sy liefde vir die natuur. Hy vind sy rustigheid en inspirasie in die kleure en teksture van die natuur en sien dit as sy beginpunt. “Die natuur is my eerste vegveld omdat ek so connected daaraan voel. Die landskap bring vir my vreugde en vrede, want dit doen my geen leed of skaad nie. Dit bied my ’n skoon veld om die emosie waarmee ek struggle vry te laat.”
Vries en sy vrou Glenda het ook ’n groot liefde vir mishandelde diere en hulle help graag in die gemeenskap om mense te leer hoe om hul troeteldiere te versorg. Dit is juis hierdie passie om ander te leer wat Vries nou wil ontgin om ’n pad met ander te stap. “Dis belangrik om iemand op sy vlak te ontmoet en ’n pad geduldig met hom of haar te stap. Nie almal se journey is dieselfde nie, en dis net deur liefde en respek wat ek ander gaan bereik,” sê Vries.
Nederigheid en ’n stil kalmte omring Vries en so ook sy skilderye wat onopgesmuk teen die mure van Gallery 7 hang. “Dit is die krag van God wat my lewe kom verander het en gehelp het dat ek deur kuns vrede kon maak met my verlede,” sê Vries. Dis vir hom belangrik om ’n positiewe boodskap aan die kyker oor te dra en hulle só in sy wêreld te verwelkom.
As gevolg van sy sterk geloof en die mense wat in hom glo het Willem Vries daarin geslaag om sy lewe om te draai en hy glo as hy dit kon doen, kan ’n ander ook.
Vir meer inligting, volg ‘The Frozen Page by artist Willem Vries’ op Facebook.

  • Gallery 7 on Plein is in 2019 geloods deur Riebeekvallei Toerisme as ’n inisiatief om kunswerke van studente en opkomende plaaslike kunstenaars bloot te stel aan die publiek met kurator Zani Brits aan die stuur.
    Die span by die toerismekantoor onthou ’n spesifieke geleentheid toe ’n 12-jarige meisie een van Vries se kunswerke raakgesien het. Dit was 24 Desember 2021 en die jongmeisie kon ’n kunswerk kies as Kersfeesgeskenk.
    “Sy het een keer deur die gallery gestap om na al die kunswerke te kyk en het dadelik na Willem Vries se kunswerk teruggekeer,” vertel Ann Heyns van Riebeekvallei Toerisme. “Die kunswerk was ’n landskap van sneeubedekte berge met ’n woud in die voorgrond en ’n klein huisie in die woud. Die meisie se ouers was geskei en toe ek haar vra hoekom sy die spesifieke kunswerk gekies het, het sy gesê dis omdat sy haarself – eendag wanneer sy groot is – visualiseer in daardie huisie in die woud. Sy het ’n maand later teruggekeer en ’n tweede Willem Vries skildery kom koop. Een vir elke huis waar sy woon.”
    “Dis belangrik om plaaslik te ondersteun en ek wil regtig ander aanmoedig om dit ook te doen. Ons kunstenaars het dit nodig,” sê Willem Vries.

Klein Kasteel Estate offers traditional and modern architecture

Klein Kasteel Estate is the latest addition to the historical quirky town of Riebeek Kasteel, offering a harmonious blend of traditional and modern architecture in a gated community.
Inspired by time-honoured Cape architecture, Klein Kasteel brings new life to the village in a way that is aesthetically pleasing and in tune with its surroundings, while maintaining the typical nostalgic feeling visitors enjoy when strolling around the picturesque streets of Riebeek Kasteel.
With 31 curated homes available in Klein Kasteel (nearly 10% of the town’s current residential census), the estate offers comfort, privacy, and exceptional lifestyle benefits with generous open spaces designed for leisurely morning walks, as well as a clubhouse with a swimming pool for hot summer days.
Each open-plan home will invite the outside in from an inviting front porch for your morning tea, and a convivial back verandah for family braais and guest entertainment. A centrally located fireplace is also a standard feature in each home, providing future Klein Kasteel Estate residents with the perfect opportunity to enjoy comfort and peace of mind throughout the summer and winter months alike.
Selling prices are driven by offering value for end users, resulting in a quality product at highly competitive rates.
The Klein Kasteel launch took place in the oldest hotel in the Western Cape, namely The Royal in Riebeek, where Wykland Eiendomme Boland (appointed as the sales team of Klein Kasteel) hosted a very successful launch, introducing all the role players. It was truly a memorable evening where more than 100 people gathered, excited to hear about this opportunity.
You can now own your own lock-up-and-go family home within a BRAND-NEW gated residential estate in tranquil Riebeek Kasteel. Designed with contemporary living in mind, these expertly-designed units feature quality finishes that can be customised to reflect individual style preferences. Choose between 5 different unit types, from 150m2 to 206m2 floor plans. Plot sizes range from 400m2 to 523m2.

Contact the Klein Kasteel Sales Team at Wykland Properties for more information on the following:
Tel: 022 448 1232
Web: www.kleinkasteel.co.za
Web: www.wyklandproperties.com
Email: info@kleinkasteel.co.za

Hoe gemaak met…snoeityd in my tuin?

Wanneer
Rose, vrugtebome, druiwestokke en krismisrose moet in die WINTER gesnoei word, verkieslik middel Julie tot einde Augustus.
Indien jy in ‘n area woon waar dit swaar ryp, moet jy selfs nog later snoei.
Waarom?
Die snoei van dié plante (selfs ook die meeste ander plante) is om die plant jonk, ferm en gesond te hou. Jy verbeter ook die kwaliteit en kwantiteit van die blomme en vrugte. Verder help dit om die grootte, voorkoms en fatsoen van jou struike en bome te beheer en te verbeter.
Gereedskap
Gebruik slegs kwaliteit snoeiskêre, ‘n skerp snoeisaag en ‘n paar ordentlike tuinhandskoene sal ook help
NB-NB-NB: Steriliseer jou gereedskap na élke vrugteboom of roosstruik wat jy klaar gesnoei het met kaliumpermangaat, óf Brandspiritus, óf Dettol. Dit verhoed die verspreiding van virussiektes tussen plante.
NOTA
1 – Jong nuwe hout produseer die beste, so probeer dit behou so ver moontlik. Moenie dit verwar met waterlote of wildelote (by rose) nie.
2 – As jy te veel lote en takke op boom en struik agterlaat, sal daar wel baie blomme en vrugte wees, maar met ‘n kleiner vrug en swakker kwaliteit.
3 – Sodra klaar gesnoei, spuit dadelik om sluimerende swamsiektes en ander peste te beheer. Daar is nou nuwe produkte op die mark, by name Kumulus en Sulfur.
4 – Baie belangrik: Verwyder alle snoeisels, takkies, blare en lote rondom die plante om siekteverspreiding te voorkom.
Hoe knip (snoei) ek?
1 – Verwyder alle dooie lote en takke, so ook alle swak en krom takke.
2 – Oorblywende lote word uitgedun en tot plus minus een derde van die oorspronklike lengte teruggeknip
3 – Swak en minder produktiewe lote word ook verwyder.
4 – NB: Maak alle snitte ongeveer 5mm bo ‘n ogie wat na buite wys. Die snit moet skuins wees na binne, sodat water kan afloop om infeksie te voorkom (sien skets)
5 – Snoeiwonde kan verseël word met Pruning seal of “steriseal”
6 – Hoogstam-rose word ook net soos ‘n bosroos gesnoei.
Voorspoed met die snoeiwerk, dis is nie so moeilik nie! Indien jy nog twyfel, kom besoek ons by die kwekery dat ons u vir u kan wys hoe dit gedoen word.
Ons gesels weer op 31 Augustus verder in verband met Fokusplante in jou tuin
Tuingroete
George Retief

Doppies vir wiele

Sinethemba het onlangs hande gevat met Bosch Recycling om as deel van hul “Happy Hearts”-projek, genoeg plastiekdoppies in te samel om ‘n rolstoel te skenk aan Willem Stuurman. Hiervoor moet 450kg plastiekdoppies vir herwinning ingesamel word. Die afgeepunte is soos volg: Roosstraat 4, Malmesbury, die Kommando-gebou op Moorreesburg, Donkinstraat Winkel 2, Darling en die kantoor van Top Eiendomme op Malmesbury. Kontak 022 486 6323 met navrae.