Day: May 5, 2021

Olive season is here

The Olive harvest season has begun in the Swartland and Derek & Susan of the Olive Boutique in Riebeek-Kasteel is hard at work pressing the 2021 olive crop. Often referred to as the Village Mill, the Olive Boutique offers contract olive pressing services to local olive producers. The beautiful Olive Boutique shop in Riebeek-Kasteel is a must-visit spot where Derek & Susan shares their passion and knowledge with visitors. Photo credit: Swartland Wine and Olive Route

Nuwe, groter kantore vir RSA Makelaars

Die span van RSAM op Malmesbury, spog nou met groter kantore, met almal onder een dak, in Voortrekkerweg op dié dorp.
RSAM se personeel het teen die einde van April ingetrek in hul nuwe kantore.
Die spasie is geleë tussen Geard Apteek en die nuwe Nedbank-perseel.
Volgens RSAM se Besturende Direkteur, Philip Faure, het die vloerspasie by RSAM se kantoor in Vredestraat, ook op Malmesbury, te klein geword en moes daar gekyk word na alternatiewe opsies.
Dit is juis in hierdie tyd dat ‘n ontwikkelaar toevallig die gebou langs Geard Apteek by Kaap Agri gekoop het en kon RSAM dus alternatiewe kantoorspasie daarin beding.
Die gevolg is ‘n perseel waar RSAM se hoofkantoor én sy Malmesbury-tak se personeel gehuisves kan word. Die veranderinge aan die kantore het van Januarie tot einde April 2021 geduur.
Gedurende hierdie periode moes RSAM se hoofkantoor-personeel noodgedwonge van die huis af werk. Die een voordeel van “Covid”, is dat dit besighede geleer het om nie kantoor-gebonde te wees nie.
Die gevolg was dat die personeel steeds ten volle operasioneel kon wees, al was hulle nie op kantoor nie.
Al die personeel is egter baie bly om terug op kantoor te wees en baie opgewonde oor die “nuwe” werksomgewing. RSAM sien uit daarna om hul kliënte in die “nuwe omgewing” van diens te wees.
Kontak hulle gerus by 022 487 9630 met navrae.

New travel app for Bergrivier launched

An exciting new travel app has been developed and launched by Bergrivier Tourism in the Western Cape which offers a comprehensive “one-stop-shop” travel directory for all of the towns within the Bergrivier district – these being Piketberg, Porterville, Dwarskersbos, Redelinghuys, Aurora, Eendekuil, Goedverwacht, Witterwater and Velddrif.
The app, which is available via the app store for both Android and IOS, has been funded by the office of the Executive Mayor of Bergrivier, Alderman Ray van Rooy, who says that he and Bergrivier Tourism are passionate about helping the businesses and communities within the Bergrivier region and wanted to create this platform to further boost their income through tourism while also assisting travellers with easy access to the many wonderful venues, eateries, products and services at their disposal.
“I am excited about this new Bergrivier App. It is an excellent way of ensuring that our products and services are getting the necessary promotion and exposure to their potential customers. It offers a much-needed marketing platform for our small businesses,” says Alderman van Rooy.
“Covid has impacted the travel and tourism sector harshly, and many businesses within small South African towns have had a very hard time over the past year.
“Likewise – travellers are showing a growing desire to get out and about once again, with pent up demand that has grown over lockdown. We hope that this new app will assist rural tourism establishments with a speedier recovery, and also inspire and assist travellers to satisfy their wanderlust with a hassle free visit to one of the many wonderful towns within the Bergrivier area,” says Nomonde Ndlangisa, CEO of Bergrivier Tourism.
Ndlangisa explains that the app serves as a travel directory with lists of all the available tourism products and services in each town – with categories such as where to eat, where to stay, what to do, must-see locations, where to shop, and festivals.
“All of the businesses and services listed are done so at no cost to themselves and travellers can use the app to find places to stay. Eat, and things to do in the Bergrivier region.”
In addition to this, the app also lists non-tourism businesses that offer complimentary services in each town that travellers may need whilst visiting, as well as details of emergency services. Businesses are invited to list and advertise their businesses on the app for exposure.
“When it comes to planning and taking a vacation, travellers are relying on their smartphones more than ever.
“Travel apps like our new one are not only a source of inspiration but also extremely useful for booking and managing logistics, whilst supporting and promoting local businesses,” says Ndlangisa.
With the official launch date of the app set for 29 April 2021 Bergrivier Tourism are encouraging people to download the app and as an incentive will be giving away a prize as part of the launch.
“Download the app and like Bergrivier Tourism on Facebook and you can stand a chance of winning a 2 nights stay for two people at Russell’s on the Port.”

Wen met Moedersdag

Te danke aan ons getroue en lojale adverteerders en ondersteuners, gee ons, saam met hulle, hierdie Moedersdag ‘n paar heerlike pryse weg. Hierdie is geborg deur Die Herehuis-restaurant, Café Myrtledene, Plaasmol, 527, Sabino Canyon Spur en Malmesbury Kwekery. Om hiervoor in aanmerking te kom, moet jy net vir ons ‘n WhatsApp-boodskap stuur met die rede hoekom jy dink die ma van jou kinders, of jou eie ma, verdien ‘n bederf-sessie. Stuur jou antwoord, met die slagwoord MOEDER, jou naam en van en tuisdorp na 061 555 0344 voor vandag, Woensdag, om 20:00. Wenners sal telefonies in kennis gestel word en moet in staat wees om die geskenke by die kantoor van Swartland Joernaal op Malmesbury af te haal.

Padlangs met die nuwe Nissan Magnite

Hulle sê dinamiet kom in klein pakkies. Wie hulle is, weet ek nie, maar hulle is reg.
Dinamiet kom in die pakkie met ‘n kenteken van die nuwe Nissan Magnite op.
Ons het die voorreg gehad om hierdie splinternuwe toevoeging tot die Nissan-stal te toetsbestuur en hy het glad nie teleurgestel nie. Inteendeel…daar wag dalk ‘n koopkontrak op die tafel van die handelaar.
Die Nissan Magnite is ‘n kleiner weergawe van ‘n nutsmotor, toegerus met die nuutste en beste tegnologie en ‘n enjin onder die kap wat soos ‘n opgewonde kind sit en wag om uit te kom en te kom speel.
Hierdie buksie is een van die gerieflikste bestuurservaringe wat die uwe nog beleef het.
Met meer as genoeg spasie aan die binnekant vir diegene wat geseën is met lang bene, spasie vir kinders in die agtersitruim, spasie vir almal se bagasie in die kattebak en armspasie vir die bestuurder, sodat jy nie ongemaklik sit en wonder waar jy jou arms moet vasdruk nie.
Gerieflik, gemaklik en tog bekend, want jy weet dit is ‘n Nissan waarmee jy ry, die oomblik as jou agterent die sitplek raak.
Gerieflik in die dorp, maar ook op die langpad. Veral op die langpad, want dan het jy kans om die kind onder die enjinkap ‘n bietjie uit te laat om te kom speel.
Ons het ‘n outomatiese weergawe toetsbestuur, en al het jy nie beheer oor die ratkas nie, is dit asof die Magnite jou gedagtes lees deur middel van jou petrol-voet.
As jy hom neersit, dan is die Magnite reg vir aksie. Om ‘n voertuig verby te steek, is gerieflik, gemaklik en veilig, want jy weet jy het genoeg krag om dit te doen.
Die oorskakeling van die outomatiese ratte is glad, so jy voel nie eens ‘n bietjie gepluk soos die ratkas van rat verander nie.
Een van die groot lekkertes is die aanskakelaar-knoppie wat aan die linkerkant op die paneelhouer sit. As jy gewoond is aan ‘n sleutel, wonder jy aanvanklik ‘n bietjie wat jy nou eintlik met die sleutel moet doen, maar jy kan hom net eenvoudig neersit en die knoppie druk en die enjin begin brul van opgewondenheid.
Op die skermkontrole is jy ook heeltyd deeglik bewus van jou rit. Hoe ver, hoe ver jy nog kan bestuur voor jy die petroltenk moet volmaak, hoe ekonomies jy bestuur, jou petrolverbruik en selfs of jou bande se drukking nog voldoende is. Hierdie Magnite is daar om jou veilig te hou.
Die kilometers rol verby, so gemaklik, so vinnig en so gerieflik.
Een ding wat wel uitstaan, is die unieke en stylvolle sierrooster. Dit laat die Magnite lyk soos ‘n klein monstertjie wat reg is om die kilometers op te vreet. Jy voel veilig, jy voel gemaklik en dit voel net reg.
Die stuurwiel is multi-funksioneel en jy kan alles van hier beheer. So jou aandag word nooit afgetrek nie. Veiligheid eerste met die Nissan Magnite.
Hierdie buksie is beslis een wat jy moet gaan toetsbestuur. Jy sal nie spyt wees nie.
Ek is wel spyt dat ek hom moes teruggee!
Kontak JB’s Nissan vandag vir jou toetsrit!

Sport – Tennis

Willem SA se beste o.14-tennisspeler
Willem de Waal van Moorreesburg is onlangs gekroon as Suid-Afrika se o.14-kampioen. Willem, wat derde op die ranglys is, het die enkel-trofeë ingepalm toe hy Siyabonga Jaca met 6-4, 6-4 verslaan het. Sy suster, Corin de Waal, het sewe jaar gelede met dieselfde titel gespog.

Sport – Moorreesburg Gholf

Wenners: Moorreesburg-gholfklub se span het die naweek hul slag gewys toe hulle in die Nelson-gholfliga klaargespeel het met die span van Porterville, op Wellington. Hier is Louis Pretorius, Hottie Janse van Rensburg, Hennie de Villiers, Nico Bester, Robert Meintjies, Toit Maree en Charl Nieuwoudt. Voor is Andre Theron, Johan Nieuwoudt en Jannie Dürr.

Wen kaartjies na Bushman’s Cave

Twee gelukkige lesers sal elk ‘n heerlike naweek vir twee na Bushman’s Cave wen vir die naweek van 15 Mei 2021. Al wat jy moet doen, is om jou naam en van, tuisdorp en die slagwoord CAVE te stuur na 061 555 0344 voor Donderdag om 09:00. Die kompetisie sluit kampplek vir 2 mense, asook ‘n gratis etekaartjie vir twee op die Saterdag en toegang tot die vertoning in. Deelnemers moet oor hul eie kampgereedskap beskik en ook die naweek van die 15de Mei beskikbaar wees. Reiskostes is vir die wenner se eie rekening.