Month: September 2021

Sinethemba loods nuwe program

Op Vrydag, 3 September 2021, het die amptelike opening van Sinethemba Swartland se nuwe program vir gestremdes (18 jaar en ouer) plaasgevind.
Hierdie program was reeds in 2017 begin as ‘n gesondheidsondersteuningsgroep, maar kan nou amptelik met ‘n holistiese benadering funksioneer.
Die fokus is grotendeels op die welstand van gestremde volwassenes in Malmesbury en om dit te bevorder met behulp van Departement van sosiale Ontwikkeling.
Die groep bestaan tans uit 30 persone, en ouderdomme wissel tussen 23 – 78 jaar oud.
Daar word met groot verwagting uitgesien om die potensiaal van lede te vier in samewerking met die verskeie rolspelers.
‘n Woord van dank aan Nedbank, Swartland Wynkelder, Swartland Begrafnisdienste, Spar De Bank, Clicks (Malmesbury), Die Handelslaghuis (Wesbank) asook verteenwoordigers van ‘Peanut Butter and Jam’ wat die dag ondersteun het.
Vir meer inligting kan mense Heylin Williams (Program Koördineerder) kontak by 022 486 6323 (Malmebury).

Wen pryse met Sakekamer

Malmesbury Sakekamer loods twee kompetisies vir September en leerders van Malmesbury-skole kan inskryf.
Dit sluit in die hoërskole Illingelethu SS, Schoonspruit- en Wesbank Sekondêr, Hoërskool Swartland, asook die laerskole van CPM, Better Beginnings, Liebenberg, Naphakade, St Thomas, Swartland.
So maak mens: Kliek vir Kompetisie 1 op die SKOLEKOMPETISIE-skakel https://forms.gle/UFW8pNos3TaDCShe9 en beantwoord die volgende twee vrae aanlyn:
Wat maak ons dorp uniek? Wat kan ek doen om plaaslike besighede te ondersteun?
Wen-antwoorde sal as slagspreuk gebruik word vir ons sosialemedia-veldtog, ook op advertensieborde in die dorp.
Wen-leerders ontvang ’n R1 000-kontantprys; ’n R500-geskenkbewys van Café Myrtledene wat spandeer kan word vir pizzas en melkskommels.
Wenskole ontvang ’n R5 000-kontantprys; lidmaatskap by Malmesbury Sakekamer (geldig vir ’n jaar); ’n R500-geskenkbewys van Malmesbury Kwekery.
Kompetisie 2 behels ’n selfie-kompetisie: Leerders wat Malmesbury Sakekamer se Facebook- of Instagrambladsye besoek en foto’s van hulleself oplaai waar hulle plaaslike besighede ondersteun, ontvang verdere opwindende pryse. Foto’s met die meeste likes, wen die pryse.
Onthou om #MalmesburySakekamer se hutsmerk te gebruik!
Opskud! Die kompetisie sluit op 23 September.

Darling Cellars Pyjama Bush Rosé rocks at Rosé Rocks

Rosé Rocks!’ is South Africa’s first dedicated rosé wine competition which seeks to recognise excellence in rosé winemaking and promote the SA Rosé category.
This year Darling Cellars really rocked at the Rosé Rocks competition with the Pyjama Bush Rosé scooping up a double gold medal! – But even better… Darling Cellars Pyjama Bush Rosé was announced as the best wine on the show and received the Allan Mullins trophy for the highest scoring Rosé wine in the competition. WOW!
Allan Mullins, who sadly passed away in 2020, was the co-founder of this competition in 2015 and as the Panel Chair, his guidance and experience to the young team of judges over the years was a privilege to witness and experience. 
To honour his memory, The Allan Mullins Award, which recognises the highest scoring rosé wine in the competition was introduced in 2021. This honour was bestowed on The Darling Cellars Pyjama Bush Rosé 2021 to be the first winner of this very special award.
Pieter Niel Rossouw, head winemaker at Darling Cellars, says: ‘We are over the moon to receive this prestigious award. We aim to bottle the best of what nature gives us.
To receive this recognition confirms that we are moving in the right direction and that our passion shows in the final product’.
The Pyjama Bush Rosé, named after a wildflower that grows in the Darling area, was carefully crafted from sauvignon blanc and grenache grapes and has abundance of succulent strawberry, luscious cherry and raspberry flavours on the nose with subtle strawberry aromatics on the finish.
For Darling Cellars, it also shows the versatility of Sauvignon Blanc from our area.
More good news is that Darling Cellars has just released this very special wine in a 2L Slimline BiB (Bag in Box).
The 2L BiB is now selling at the tasting room and will soon be available at a retail outlet near you.
Be sure to get your hands on a bottle (or bib) of this award-winning Rosé from Darling Cellars.
This wine is available at Checkers and other liquor outlets as well as from our tasting room.
For more information on our award winning wines visit our website www.darlingcellars.co.za or send an email to info@darlingcellars.co.za or call us at +27 (0) 22 492 2276. We are also on Facebook, Twitter and Instagram.

Swartland Support & Funeral Services bied omvattende diens

Swartland Hulp en Begrafnis staan onder die bekwame eienaarskap van Cedric van der Westhuizen.
Swartland Hulp en Begrafnis lewer ‘n 1-stopdiens aan die gemeenskap.
Hier kan jy alle reëlings rakende ‘n begrafnis in hul bekwame hande laat. Swartland Hulp en Begrafnisdienste bied ook bekostigbare begrafnispolisse, begrafnisse, blommerangskikkings, grafstene en verhuur selfs trou-motors.
Hulle stap altyd die ekstra myl met die families en hul grootste taak is om die hartseer van elke familie ligter te probeer maak.
Hulle bied ‘n 24/7 diens en hul kantore is oop van 08:30 tot 16:30 gedurende die week en Saterdae vanaf 08:00 tot 12:00. Kontak 022 486 4735 (kantoor) of 072 540 6785.

Toekennings en diens!

Spar The Bank op Malmesbury is een van die anker-winkels op Malmesbury en word deur Des Moller, eienaar van Malmesbury Superspar besit. Vir dié onderneming is dit belangrik om die gemeenskap te bou, werk te skep en om inwoners wat nie na Malmesbury Superspar kan reis nie, ‘n alternatief te bied wat nader aan hulle is, waar hulle dieselfde gehalte en kwaliteit kan geniet as by Malmesbury Superspar. Kontak Spar the Bank by 022 100 0783 of stuur ‘n epos na wesbankspar@gmail.com. Besoek die winkel van Maandag tot Sondag vanaf 07:00 tot 20:00 of besoek hul Facebook-blad. Die slaghuis-afdeling van Spar The Bank spog nou ook met nog ‘n toekenning. Hierdie groep het verlede week die titel ingepalm as die goue medalje wenner in die Prime Cut-kompetisie vir die grootste groei in verkope gedurende Junie 2021. Hierdie winkel bied nou ook ‘n nuwe diens aan, naamlik die bespreking van Golden Arrow-busdiens kaartjies. Besoek hulle gerus vir vriendelike, hulpvaardige en professionele diens!

Get your vehicle Spring ready

Want to get your precious vehicle Spring ready?
Then don’t miss out on this amazing offer from MT Panelbeating in Malmesbury.
For a wash and go, you will only need to pay R120!
A full polish will set you back R450 en to get your seats washed, you will need to pay R250.
Don’t miss out, so make sure to book your appointment!
Contact Nadine Lewis on 072 473 5570.

CF Dienssentrum, meer as wat jy verwag

By CF Dienssentrum op Malmesbury kry jy meer as wat jy dink.
Hierdie dienssentrum spesialiseer nou wel in die herstel van motors, bakkies en vragmotors, maar bied ook ‘n vervoerdiens aan.
Hierdie diens sluit die vervoer van bale, strooi, hooi, druiwe en meer aan.
CF Dienssentrum het op 1 April 2008 hul deure geopen. Hier vind jy persoonlike diens en jare se ondervinding asook kwaliteit vakmanskap.
Die vennote Christoff Kotzé en Frikkie van Heerden streef daarna om hul kliënte altyd tevrede te stel.
Besoek hulle gerus vanaf 07:30 tot 17:30 op weeksdae by Nywerheidsingel 8, of kontak 022 487 3339.

Williams: ‘n Kunstenaar in murg en been

Wilmor Williams, 25, van Malmesbury, is ‘n gebore kunstenaar.
Hy noem dat hy reeds vanaf 5 jarige ouderdom, ‘n liefde vir pen en papier gehad het.
Dit het hom groot genot verskaf om na hierdie items te soek in sy susters se skoolsakke na skool, en dit het hulle natuurlik, eindeloos irriteer.
Wilmor noem dat hy nie regtig ‘n groot vriendekring gehad het nie, en teken het die meeste van sy tyd in beslag geneem.
Hy het hom uitgeleef in hierdie wêreld waar hy aan sy kreatiewe gees kon uiting gee.
Dié wat hom as jong seun geken het is glad nie verbaas as hulle tans na sy handewerk kyk nie.
Weens omstandighede kon Wilmor nie na skool verder in die kunste gaan studeer nie.
Dit het hom egter nie terug gehou nie, en hy het besluit om self sekere verftegnieke aan te leer asook om verskeie mediums te gebruik.
Destyds, het ‘n vriend van hom se pa, ‘n verfstel aan hom geskenk en dit het hom ook geweldig aangemoedig.
Alhoewel hy gemaklik is met ‘n verfkwas in die hand, het hy ook al met steenkool geteken.
Wilmor het reeds verskeie van sy skilderye verkoop en het ook al van sy kunswerke by die Emunah Gallery uitgestal.
Dit is egter sy muurskilderye wat tans aandag trek.
Hy het daarop begin fokus as ‘n bron van inkomste, maar ook om nog ‘n vorm van kuns onder die knie te kry.
Wilmor se handewerk is altyd kleurvol met ‘n boodskap van hoop en hernuwing.
Sy eerste projek by ‘Land van Kabouters’ was senutergend, aangesien dit ‘n nuwe uitdaging vir hom was, maar sedertdien is hy baie meer op sy gemak.
Hy het intussen al verskeie muurskilderye gedoen en van sy hande werk pronk by plekke soos St. Thomas Primêr, Porky’s Meat, CK Outlaws Racing asook privaat kliënte.
Wilmor noem dat hy dankbaar sal wees indien hy dalk ‘n vakleerlingskap kan kry by ‘n maatskappy wat spesialiseer in muurkuns of selfs om te help om kunsklasse aan te bied.
Intussen fokus hy egter op dit wat hy kan vermag en om homself bemagtig. Mense is welkom om hom te kontak by 061 187 2958 vir enige navrae of kwotasies.

Arendse se woorde kry nuwe lewe

Wanneer ‘n mens al verskeie uitdagings in die lewe moes trotseer het jy ‘n uitlaatklep nodig om aan al daardie emosie uiting te gee, en Bradley Arendse het sy uitlaatklep in woorde gevind.
As ‘n kranige skrywer van kortverhale, asook gedigte was dit altyd vir hom ‘n aspirasie om sy werk te publiseer.
Hierdie doelwit het hy uiteindelik bereik en sy digbundel, ‘Woorde uit Bloed’, sal binnekort op die rak wees. Hierdie unieke bundel is gevul met kos vir die siel en is beslis ‘n moet lees.
Bradley is oorspronklik van Abbotsdale, en het ‘n groot deel van sy kinderjare daar deurgebring.
Omstandighede was nie altyd maklik nie, en hy moes reeds vanaf ‘n baie jong ouderdom leer om met min oor die weg te kom.
Hy noem dat baie ‘spoke’ van destyds, hom nog steeds volg en dat hy dikwels worstel om hulle ten ruste te lê.
Sy gedigte weerspieël hierdie emosies en is rou en karaktervol.
Bradley vertel dat sy stryd met nierversaking, waarmee hy in 2013 gediagnoseer was, ook ‘n groot bydrae gelewer het tot sy digbundel.
Met soveel tyd op jou hande, asook frustrasie, wat telkens kop uitgesteek het, het hy sy toevlug in die skryf van gedigte gevind.
Dit was ‘n moelike en uitdagende pad, maar hy het nie moed opgegee nie, en noem dat sy vrou, Sandy, deurentyd, sy steunpilaar was.
Sy is die een wat hom inspireer en ‘n hele paar van die gedigte het hy aan haar opgedra.
Emosie lê vlak en die opwinding is groot aangaande sy debuut digbundel. Daar is nog projekte in die pyplyn, waarvan een ‘n boek is, maar hierdie is meer langtermyn doelwitte.
Die feit dat een van Bradley se kortverhale onlangs in die Junie/Julie uitgawe van ‘Kuier’ verskyn het, het ook net weer aan hom bevestig dat hy sy hart moet volg. As wenner van die 2021 Straatligdigterskompetisie, kan Bradley inderdaad trots wees op hom self.
Hy spreek sy dank uit teenoor sy uitgewer, Elsabe van der Westhuizen, Groep 7 Drukkers, Straatligdigters asook almal wat hom gereeld ondersteun en bemoedig.
Bradley noem dat ‘n boek bekendstelling in die pyplyn is, maar dat mense voorlopig direk sy digbundel by hom kan aankoop.
‘Woorde uit Bloed’ is beskikbaar teen R180 per kopie.
Vir enige navrae of bestellings kan mense hom kontak by 079 606 3688 of via e-pos by bradleyarendse76@gmail.com.

Betrekkings