Day: July 29, 2022

Discount Boards Malmesbury vier 10 jaar

Discount Boards op Malmesbury het die afgelope dekade van krag tot krag gegaan en onder soms uitdagende omstandighede steeds bly groei.

Die winkel het in Julie 2012 begin om ‘n realiteit te word.
“Ons het ‘n mark op Malmesbury raakgesien en binne twee weke het die winkel sy deure geopen,” vertel takbestuurder Ernes van den Heever.
Van den Heever het sy tasse gepak en die pad vanaf Vredenburg na Malmesbury gevat en hom hier gevestig.
Die winkel het op 1 Augustus van daardie jaar sy deure vir die publiek geopen.
Die winkel het 10 jaar gelede in ‘n gebou van 400vkm begin.
Die winkelspasie is gehuur en die voorraad was skaars.
Vandag besit hulle ‘n gebou van 1000vkm en hou dubbel die hoeveelheid voorraad nou aan.
Discount Boards skryf hul sukses en groei toe aan die kliëntediens wat hulle lewer.
“Ons kliënte is die belangrikste deel van die besigheid. Sonder hulle sou ons maar gesukkel het,” vertel Van den Heever.
Discount Boards bied kompeterende pryse en diens van uitstaande gehalte en hier kan jy alle kasbou-benodigdhede vind.
Die hoogtepunt in die personeel se dag by die winkel is om te hoor hoe tevrede en gelukkig ‘n kliënt by die winkel uitstap.
Die winkel beskik oor 13 personeellede, 10 by die masjinerie en drie verkoopspersoneel.
Besoek gerus die winkel vanaf Maandag tot Vrydag vanaf 07:30 tot 17:00 en Saterdae vanaf 08:00 tot 12:00. Kontak hulle by 022 487 2844 of besoek hul perseel in Schoonspruitweg 33.
Stuur ook ‘n epos na ernesv@discountboards.co.za, saberiep@discountboards.co.za, wesleyv@discountboards.co.za met enige navrae.
Discount Boards nooi almal om deel van die verjaarsdagvieringe te wees op 1 Augustus. Heerlike worsrolle sal gebraai word.

“Moenie toelaat dat omstandighede jou definieer,” sê kunstenaar Willem Vries

Jana du Plessis Muller

Gebore in 1982 op Moorreesburg, Willem Vries is ’n kunstenaar met ’n doelwit en ’n ligtheid wat duidelik gesien kan word in sy kunswerke en sy menswees. Maar hierdie nederige Riebeek-Wes-inwoner het met toewyding en harde werk daarin geslaag om die donker skaduwees van sy verlede hok te slaan en uiteindelik sy doelwitte te bereik. Nie net is Vries vandag ’n kunstenaar wat raakgesien en plaaslik ondersteun word nie, maar hy deel ook graag sy vaardighede met ander.
“Die enigste goeie skaduwee uit my kinderjare wat my steeds volg – en wat ek verwelkom – is kuns,” vertel Vries waar ons gesels by Gallery 7 on Plein op Riebeek-Kasteel. Vries se werke word gereeld tentoongestel by die gallery. “Dit was altyd my droom om eendag my kuns in ’n gallery te sien hang en vandag het Gallery 7 my hierdie geleentheid gegee. Ek is baie bevoorreg.”
Nooit sou die jong Willem Vries kon dink dat sy werk eendag deur gallerybesoekers gekoop sou word nie. Armoede en geweld was deel van Vries se grootwordjare en as kind het hy geteken om van sy omstandighede te probeer ontsnap.
“Ek het op enige iets geteken – van borde tot mure – en op skool het ek onbewustelik aanhou om te krap, krap, krap en nie tóé besef dat ek eintlik besig was om my kunsstyl te verken nie.”
Al het die omstandighede hom so gedruk dat hy gevoel het hy wil kuns los, het hy aangehou, maak nie saak hoe swaar dit geraak het nie. Van verbeteringskool na gevangenis, het Vries aanhou teken waar hy homself ook al bevind het. “Kuns was soos ’n skaduwee wat my oral waar ek gegaan het, gevolg het, maar ek het dit eers jare later ernstig begin opneem.”
’n Kennis van Engeland het Vries se potensiaal raakgesien en vir sewe jaar ’n pad met hom gestap. Sy het haar kennis met Vries gedeel en hom aangespoor om sy vaardighede te ontwikkel. “Ek was desperaat om verder te leer, maar die proses was vir my te stadig,” sê hy, “Toe ek saam met hierdie kunstenaar begin leer het, het dinge uiteindelik vir my in ’n rigting begin beweeg. ’n Nuwe prentjie het vir my oopgegaan.”
Deel van hierdie prentjie was ’n geloofsontwaking sowel as ’n ontdekking van sy liefde vir die natuur. Hy vind sy rustigheid en inspirasie in die kleure en teksture van die natuur en sien dit as sy beginpunt. “Die natuur is my eerste vegveld omdat ek so connected daaraan voel. Die landskap bring vir my vreugde en vrede, want dit doen my geen leed of skaad nie. Dit bied my ’n skoon veld om die emosie waarmee ek struggle vry te laat.”
Vries en sy vrou Glenda het ook ’n groot liefde vir mishandelde diere en hulle help graag in die gemeenskap om mense te leer hoe om hul troeteldiere te versorg. Dit is juis hierdie passie om ander te leer wat Vries nou wil ontgin om ’n pad met ander te stap. “Dis belangrik om iemand op sy vlak te ontmoet en ’n pad geduldig met hom of haar te stap. Nie almal se journey is dieselfde nie, en dis net deur liefde en respek wat ek ander gaan bereik,” sê Vries.
Nederigheid en ’n stil kalmte omring Vries en so ook sy skilderye wat onopgesmuk teen die mure van Gallery 7 hang. “Dit is die krag van God wat my lewe kom verander het en gehelp het dat ek deur kuns vrede kon maak met my verlede,” sê Vries. Dis vir hom belangrik om ’n positiewe boodskap aan die kyker oor te dra en hulle só in sy wêreld te verwelkom.
As gevolg van sy sterk geloof en die mense wat in hom glo het Willem Vries daarin geslaag om sy lewe om te draai en hy glo as hy dit kon doen, kan ’n ander ook.
Vir meer inligting, volg ‘The Frozen Page by artist Willem Vries’ op Facebook.

  • Gallery 7 on Plein is in 2019 geloods deur Riebeekvallei Toerisme as ’n inisiatief om kunswerke van studente en opkomende plaaslike kunstenaars bloot te stel aan die publiek met kurator Zani Brits aan die stuur.
    Die span by die toerismekantoor onthou ’n spesifieke geleentheid toe ’n 12-jarige meisie een van Vries se kunswerke raakgesien het. Dit was 24 Desember 2021 en die jongmeisie kon ’n kunswerk kies as Kersfeesgeskenk.
    “Sy het een keer deur die gallery gestap om na al die kunswerke te kyk en het dadelik na Willem Vries se kunswerk teruggekeer,” vertel Ann Heyns van Riebeekvallei Toerisme. “Die kunswerk was ’n landskap van sneeubedekte berge met ’n woud in die voorgrond en ’n klein huisie in die woud. Die meisie se ouers was geskei en toe ek haar vra hoekom sy die spesifieke kunswerk gekies het, het sy gesê dis omdat sy haarself – eendag wanneer sy groot is – visualiseer in daardie huisie in die woud. Sy het ’n maand later teruggekeer en ’n tweede Willem Vries skildery kom koop. Een vir elke huis waar sy woon.”
    “Dis belangrik om plaaslik te ondersteun en ek wil regtig ander aanmoedig om dit ook te doen. Ons kunstenaars het dit nodig,” sê Willem Vries.

Klein Kasteel Estate offers traditional and modern architecture

Klein Kasteel Estate is the latest addition to the historical quirky town of Riebeek Kasteel, offering a harmonious blend of traditional and modern architecture in a gated community.
Inspired by time-honoured Cape architecture, Klein Kasteel brings new life to the village in a way that is aesthetically pleasing and in tune with its surroundings, while maintaining the typical nostalgic feeling visitors enjoy when strolling around the picturesque streets of Riebeek Kasteel.
With 31 curated homes available in Klein Kasteel (nearly 10% of the town’s current residential census), the estate offers comfort, privacy, and exceptional lifestyle benefits with generous open spaces designed for leisurely morning walks, as well as a clubhouse with a swimming pool for hot summer days.
Each open-plan home will invite the outside in from an inviting front porch for your morning tea, and a convivial back verandah for family braais and guest entertainment. A centrally located fireplace is also a standard feature in each home, providing future Klein Kasteel Estate residents with the perfect opportunity to enjoy comfort and peace of mind throughout the summer and winter months alike.
Selling prices are driven by offering value for end users, resulting in a quality product at highly competitive rates.
The Klein Kasteel launch took place in the oldest hotel in the Western Cape, namely The Royal in Riebeek, where Wykland Eiendomme Boland (appointed as the sales team of Klein Kasteel) hosted a very successful launch, introducing all the role players. It was truly a memorable evening where more than 100 people gathered, excited to hear about this opportunity.
You can now own your own lock-up-and-go family home within a BRAND-NEW gated residential estate in tranquil Riebeek Kasteel. Designed with contemporary living in mind, these expertly-designed units feature quality finishes that can be customised to reflect individual style preferences. Choose between 5 different unit types, from 150m2 to 206m2 floor plans. Plot sizes range from 400m2 to 523m2.

Contact the Klein Kasteel Sales Team at Wykland Properties for more information on the following:
Tel: 022 448 1232
Web: www.kleinkasteel.co.za
Web: www.wyklandproperties.com
Email: info@kleinkasteel.co.za

Hoe gemaak met…snoeityd in my tuin?

Wanneer
Rose, vrugtebome, druiwestokke en krismisrose moet in die WINTER gesnoei word, verkieslik middel Julie tot einde Augustus.
Indien jy in ‘n area woon waar dit swaar ryp, moet jy selfs nog later snoei.
Waarom?
Die snoei van dié plante (selfs ook die meeste ander plante) is om die plant jonk, ferm en gesond te hou. Jy verbeter ook die kwaliteit en kwantiteit van die blomme en vrugte. Verder help dit om die grootte, voorkoms en fatsoen van jou struike en bome te beheer en te verbeter.
Gereedskap
Gebruik slegs kwaliteit snoeiskêre, ‘n skerp snoeisaag en ‘n paar ordentlike tuinhandskoene sal ook help
NB-NB-NB: Steriliseer jou gereedskap na élke vrugteboom of roosstruik wat jy klaar gesnoei het met kaliumpermangaat, óf Brandspiritus, óf Dettol. Dit verhoed die verspreiding van virussiektes tussen plante.
NOTA
1 – Jong nuwe hout produseer die beste, so probeer dit behou so ver moontlik. Moenie dit verwar met waterlote of wildelote (by rose) nie.
2 – As jy te veel lote en takke op boom en struik agterlaat, sal daar wel baie blomme en vrugte wees, maar met ‘n kleiner vrug en swakker kwaliteit.
3 – Sodra klaar gesnoei, spuit dadelik om sluimerende swamsiektes en ander peste te beheer. Daar is nou nuwe produkte op die mark, by name Kumulus en Sulfur.
4 – Baie belangrik: Verwyder alle snoeisels, takkies, blare en lote rondom die plante om siekteverspreiding te voorkom.
Hoe knip (snoei) ek?
1 – Verwyder alle dooie lote en takke, so ook alle swak en krom takke.
2 – Oorblywende lote word uitgedun en tot plus minus een derde van die oorspronklike lengte teruggeknip
3 – Swak en minder produktiewe lote word ook verwyder.
4 – NB: Maak alle snitte ongeveer 5mm bo ‘n ogie wat na buite wys. Die snit moet skuins wees na binne, sodat water kan afloop om infeksie te voorkom (sien skets)
5 – Snoeiwonde kan verseël word met Pruning seal of “steriseal”
6 – Hoogstam-rose word ook net soos ‘n bosroos gesnoei.
Voorspoed met die snoeiwerk, dis is nie so moeilik nie! Indien jy nog twyfel, kom besoek ons by die kwekery dat ons u vir u kan wys hoe dit gedoen word.
Ons gesels weer op 31 Augustus verder in verband met Fokusplante in jou tuin
Tuingroete
George Retief

Doppies vir wiele

Sinethemba het onlangs hande gevat met Bosch Recycling om as deel van hul “Happy Hearts”-projek, genoeg plastiekdoppies in te samel om ‘n rolstoel te skenk aan Willem Stuurman. Hiervoor moet 450kg plastiekdoppies vir herwinning ingesamel word. Die afgeepunte is soos volg: Roosstraat 4, Malmesbury, die Kommando-gebou op Moorreesburg, Donkinstraat Winkel 2, Darling en die kantoor van Top Eiendomme op Malmesbury. Kontak 022 486 6323 met navrae.

Local law enforcement officials meet to improve
collaboration

A meeting between various law enforcement entities to clarify roles and responsibilities took place at WCDM’s Disaster Management Centre. Councillors responsible for Safety at municipalities, senior municipal management, Municipal Law Enforcement Officers, Municipal Traffic, SAPS, Neighbourhood Watches, Farm Watches and security were in attendance.
The objective of the meeting was to discuss the roles and responsibilities of these agencies in order to improve collaboration and enhance community safety in the region.
The Executive Mayor of West Coast District Municipality, Alderman Boffie Strydom, held a ceremonial handover of a Pocket Manual to Municipal Law Enforcement Officers, Municipal Traffic, SAPS and various other law enforcement agencies. The pocket guide, developed by WCDM Disaster Management and Community Safety unit, will enable law enforcement officials to render a more effective and efficient service to communities.
“I want to thank everybody involved in compiling the booklet for their valuable contribution and for the overall success of the project” said Mayor Strydom.

Rolbalkampioene gekroon

Die Malmesbury Rolbalklub het verlede week hul spelers vereer vir hul spel deur die jaar. Daniël Griebenauw is aangewys as die mans enkelspel en driespel-kampioen. June Rickett is vanjaar se Dames enkelspel-kampioen, terwyl Dawie Horn die kroon dra in die mans novice enkelspel-afdeling.
Roux Vermeulen en Jehan van Niekerk het die beste parespel gelewer. Daniël Griebenauw, Jeff Petersen, Madelein Viljoen en Heidie Malan (afwesig) is die klub se driespel-kampioene, met Paul Rossouw, Lodewyk Lesch, Jeff Petersen en Abu Harif wat die kitaar slaan in die vierspel. Altus Myburgh het ‘n trofee gewen vir die beste sportmangees en uitstaande diens aan die klub. Daniël Griebenauw en Rainier van Zyl is pas gekies vir WP o.30 B en C spanne onderskeidelik wat vanaf 19-22 September in Hermanus deelneem aan die nasionale o.30-toernooi

Jonges na Oudtshoorn vir fietsry

Die Weskus Fietsry Assosiasie het aan die jaarlikse Jeugfees op Oudtshoorn deelgeneem.
Jeugdiges vanaf Saldanha, Hopefield, Moorreesburg, Darling, Piketberg en Riebeek-Wes het die Weskus hier verteenwoordig. Die Weskus Fietsry Assosiasie het hierdie jongmense ten bate van die bevordering van Fietsry in die streek, na die fees vergesel.
Na al die intense fietsry-aktiwiteite het die groep ook ‘n opvoedkundige uitstappie na die Kango Grotte gehad. Dit was vir baie van die kinders ‘n asemrowende geleentheid en hulle het dit baie geniet.
Die Assosiasie wil fietsryklubs aanmoedig om by hulle te affilieer om sodoende die jong fietsryers die geleentheid te bied om blootstelling aan hierdie tipe geleenthede te bekom. Daar word ook van die fietsry gemeenskappe versoek om steun te dien in die vorm van opleiding vir pad-, bergfiets en BMX-kategorieë. Daar is ook ‘n tekort aan tydhouers, commissaires en ander amptenare om te help by fietsry-wedrenne.

Betrekkings

Malmesbury Netbal kraai koning

WESKUS TWIZZA KOMPETISIE!
Inge Theron, wedstrydsekretaresse van Weskus Netbal Federasie, het weereens ‘n suksesvolle Twizza-kompetisie vir die Federasie gereel, wat weens die weeromstandighede en beurtkrag telkens uitgestel moes word.
Die wedstryde kon uiteindelik op Maandagaand 18 Julie hervat met die semifinale en Dinsdagaand 19 Julie die finale op Moorreesburg.
Die vier Weskusspanne, Malmesbury, Langebaan, Moorreesburg en Citrusdal het dit geniet om weer terug te wees op die baan en het met uitstekende netbal vorendag gekom.
Sydney Crow van Moorreesburg Tiere Netbal Klub is as aangewys as die Speler van die Toernooi en Beulen Lazerus van Langebaan is aangewys as die beste binnebaan speler.
Die uitslae is as volg:
1st plek: Malmesbury Netbalklub
2de plek: Langebaan Netbalklub
3de plek: Moorreesburg Tiere Netbalklub
4de plek: Citrusdal Netbalklub
Malmesbury en Langebaan het die pas afgelope Saterdag aan die Wes-Kaap Twizza-kompetisie deelgeneem in die Paarl.
Weskus Federasie se spanne het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en gewys dat die klubs in die Weskus Federasie vir geen span in die Wes Kaap hoef terug te staan nie.
Die span van Marchelle Maroun (Langebaan Netbalklub) het 2de geëindig en die span van Nadene Scherman (Malmesbury Netbal Klub) het 4de geëindig.
Beulen Lazarus is aangewys as die beste opkomende senterbaan speler en Ansuné Smit as die beste opkomende verdediger.