Month: June 2021

Kies jou internetdiensverskaffer reg

Met soveel verskillende internet-diensverskaffers wat hul dienste beskikbaar stel aan gebruikers, is dit nodig om eers ‘n bietjie navorsing te doen, voor jy op ‘n pakket en diens besluit.
Swartland Joernaal het aangeklop by Corner Gate-internetdiensverskaffer vir inligting.

  1. Wat is die verskil tussen optiese vesel en die ou ADSL?
    Optiese vesel is ‘n glasbuis waarin data gestuur word deur middel van lig terwyl die ou ADSL op ‘n koperdraad geloop het.
    Met fiber is ‘n baie vinniger data-spoed (mbps of megabits per second) moontlik as met ADSL en dit is ook meer stabiel.
  2. Waarna moet huishoudings en besighede kyk wanneer hulle ‘n internetdiensverskaffer benodig?
    Deesdae met optiese vesel, is daar drie tipes verskaffers.
    •Die wat die optiese vesel in die grond sit.
    •Die wat die Internet op die optiese vesel verkoop
    •Die wat albei doen. Die optiese vesel lê en internet verskaf
    Optiese vesel is baie duur, dit is gewoonlik miljoene rande om dit op ‘n dorp te installeer. Dit beteken dus dat optiese sterkstroominstallasies weet wat hulle doen, anders verloor hulle al die insetkoste.
    Waarna huishoudings en besighede moet kyk is twee dinge:
    •Hoe goed is die ondersteuning vir wanneer iets verkeerd gaan?
    •Die vesel wat ingesit is, is dit ‘n ‘closed fiber’ netwerk of ‘n ‘open fiber’ netwerk?
    o ‘Closed network’ beteken dat die optiese veselnetwerk aan een maatskappy behoort en net hy plaas sy eie kliënte op dit.
    o ‘Open fiber’-netwerke soos Cornergate sin, behoort aan een maatskappy, maar hy laat enige ander ISP soos byvoorbeeld MWeb toe om internet op sy netwerk te verkoop. Dit beteken pryse is mededingend en as diens met ‘n internet verskaffer swak is, het die kliënt meer as net een keuse van diensverskaffer.
  3. Wat verskil in jou toerusting wanneer jy optiese vesel het?
    Die optiese veselnetwerk bestaan uit die volgende:
  4. Die vesel wat in die huis in kom.
  5. Die vesel word dan ingeprop by ‘n mousepad.
  6. Aan die mousepad kom ‘n ONT-blokkie. Die ONT verander die optiese vesel na die netwerkkabel wat koperdraad is.
  7. Die netwerk kabel koppel dan in by ‘n wifi router.
  8. Die res van die huis word dan of met netwerkkabel of per wifi aan die router gekoppel.
  9. Wat is die voor- en nadele van optiese vesel in vergelyking met ADSL?
    Voordele:
    • Stabiel
    • Baie vinniger as enige koper kabel want dit is lig wat die data dra.
    • Word nie deur elektriese steurings geafekteer nie
    • Word nie gesteel soos koper kabel nie.
    Nadele:
    • Van ‘n gebruiker se oogpunt is daar nie nadele nie.
    • Dit is n meer spesialiteitsfunksie om die optiese vesel se verdeel en te heg. Dit is nie so maklik soos koper draad nie en spesiale gereedskap en instrumente moet gebruik word om dit te las.
  10. Wat is satelliet-internet, waar daar nie lyne beskikbaar is nie en hoe werk dit?
    • Die hardeware lyk soos ‘n DSTV-skottel wat geinstalleer word en wat dan opkoppel aan ‘n satelliet.
    • Satelliet-internet is gewoonlik duur en is dus gewoonlik die laaste opsie vir internet
    Kontak CornerGate by 087 7021962 / 0877021996 / 0788533404 / 0609999514, Maandag tot Vrydag: 08:00 vm tot 10:00 nm
    Saterdag en Sondag: 09:00 tot 2:00 nm met WhatsApp-bystand na ure of besoek hul webtuiste by www.flynet-isp.com

SlimSun se harte klop warm vir Jo Dolphin

By die Jo Dolphin-sentrum vir persone met gestremdhede op Malmesbury is daar talle uitdagings.
Maar, net soos die uitdagings, is daar ook talle hoogtepunte.
So ‘n hoogtepunt was die skenking wat die sentrum onlangs van SlimSun Solar Park ontvang het.
Hulle het ‘n skenking van ongeveer R15 000 aan die sentrum gemaak en ook tyd saam met die lede van Jo Dolphin spandeer.
Hierdie sentrum beywer hom vir die versorging en bemagtiging van persone met gebrekke.
Hulle sien om na leerders wat aan seldsame sindrome, soos Rhett- en Angelman-sindroom, ly.
“Hierdie is uiters seldsaam en dit is soms geweldig moeilik om na die pragtige kinders te kyk en te besef waardeur hulle daagliks moet gaan.
“Nie net hulle nie, maar ook hul ouers. Dit is vir ons werklik ‘n riem onder die hart dat ondernemings soos SlimSun hulle oor ons ontferm en ook so ‘n verskil in die lewe van die leerders maak,” sê Estrellita Geldenhuys, sentrumbestuurder van Jo Dolphin.
Ander sindrome wat by Jo Dolphin te vind is, is outisme, serebrale palsy, down-sindroom, fetale alkohol-sindroom en spina bifida.

Petrol heads celebrate the life of Hennie Mostert

Back in 1957 a very brave youngster borrowed the Peugeot 404 family sedan to contest his very first hillclimb on a road known as Bloublommetjieskloof, near Wellington, and the bug bit as said driver would return in 1958 to win his class behind the wheel of his own Renault Dauphine. He also ventured into track racing by participating in a Dauphine vs Beetle race at the Killarney Racetrack, finishing second behind the modified Dauphine of one Brian Peek (legendary Killarney Racing Commentator).
In 1959 Stellenbosch Hillclimb appeared on the horizon and Hennie Mostert claimed a class win in his Renault Dauphine on debut. The Renault Dauphine became a Renault Dauphine Gordini in 1960 and another class win followed on the Stellenbosch Hillclimb before a move into proper track racing peaked with a class O victory in the 1963 Kyalami 9 Hour with the Renault Dauphine and 2nd on Index of performance, 1st in class during the 1963 Killarney 2 Hour in a Renault R8.
Leading their class during the 1964 Kyalami 9 Hour mechanical maladies forced their retirement and then in 1966 Hennie Mostert unfortunately rolled the Renault R8 in Malmesbury Sweep when a rear tyre burst during the Killarney 3 Hour.
Many interesting diversions included four outright victories and all lap records on the Oudtshoorn Racetrack (I certainly did not know such a track ever existed) and winning seven heats with fastest lap in each in Port Elizabeth (an airfield circuit before the Aldo Scribante track was built).
As a member of the Paarl Motor Club Hennie Mostert was club champion from 1958 winning gymkhana, rallies and even held the outright lap record at the old Paarl Oval Track. His speciality was however the Paarl Hillclimb. An event he totally dominated from 1967 till 1973 when the event unfortunately became a victim of the International Fuel Crisis. Hennie Mostert winning his class with an 1100cc engine in the Renault Gordini in 1967 and then taking overall victory and the track record from 1968 till 1973.
Sadly only sections of this road remains visible but it was a well supported event that enjoyed widespread coverage.
Hennie Mostert still owns the very first Renault R8 Gordini 1.3 that reached South African shores in 1967. The car still carries it’s original registration plates, has never been rebuilt and led the Renault parade on circuit (26 March 2019).
Hennie Mostert closed his long motorsport career as driver of the 0 Car during the International Total Tara Rally Namibia in 2013 / 2014.
Thank you to Hennie Mostert – your contribution to South African motorsport will not be forgotten!
Son, Berto, became the 2013 Namibian National Rally Navigators Champion in 2013 with Walvis Bay based Allan Martin in the J&P Hydraulics S2000 VW Polo 4×4 2.0 formerly campaigned by double South African Rally Drivers Champion Hergen Fekken.
Condolences to
Wife: Reinette Mostert neé Kellerman
Daughter: Elzaan Mostert
Son: Jacques Mostert
Daughter in Law: Rika Mostert
Grand Children: Sunell Mostert and Henko Mostert
Son: Berto Mostert
Daughter in Law: Lize
Children: Elizabeth, Zia and Isabel Mostert
Patrick Vermaak

Sjef Robert droom van ‘beach bum’ dae

‘n Fondasie is meer as 30 jaar gelede reeds gelê, en alhoewel hy en sy vrou voortbou, is dit met nuwe visie en entoesiasme.
Robert Moreland was al vanaf kindsbeen aan die voorbereiding van kos blootgestel. Dit was soos die lug wat hy ingeasem het.
Vanaf die ‘Parade’ in Kaapstad, uit ‘n ‘dubbel decker’ bus wat soos ‘n eetplek ingerig was, tot en met Malmesbury, waar sy pa later ‘n restaurant besit het.
Op naweke, asook middae na skool, was hy en sy broers verplig om hulle pa in die restaurant te help.
Harde werk en toewyding was aan die orde van die dag want dit was hul brood en botter.
Alhoewel hy ‘n passie vir houtwerk en sport gehad het, het Robert homself vroeg berus by die feit dat hy sy toekoms in die wêreld van kos en kook sou voortbou.
Dit was waar sy sterk punt gelê het, en met sy dryfkrag was hy gemotiveerd om dit na die beste van sy vermoë te doen.
Robert noem dat hy ten alle tye ‘n pen en sakboekie op hom gedra het. Sodoende kon hy resepte neer pen wanneer hy spreekwoordelik met ‘die oog’ gesteel het.
Deur die gesels deel hy sy agtergrond asook geskiedenis in die restaurant bedryf en dit is indrukwekkend.
Ná skool begin hy werk by Maureen’s in Bloubergstrand, waarna hy by die Tulbagh Hotel, Mount Nelson asook die Mariners Wharf in diens was as óf hoof sjef óf sous sjef.
In die 80’s kry Robert die geleentheid om ‘n restaurant, onafhanklik, in Bloubergstrand te bestuur.
Maar as ‘n jong getroude man, het die pendel tussen werk, huis asook die lang ure, dit baie uitdagend gemaak.
Die perfekte geleentheid kom egter in 1989 te voorskyn, toe die restaurant wat destyds aan sy pa behoort het, in die mark gesit word.
Robert koop Barry’s Grill en dit is die oomblik waar sy lewe onherroeplik verander.
Die kennis wat hy oor die jare opgebou het kon hy nou onvoorwaardelik in sy eie restaurant stort asook belê.
Daar is niks ongewoons aan uitdagings op ‘n mens se lewenspad, en 1996 bring so ‘n uitdaging mee. Dit dra by tot die besluit om die eiendom te koop waaruit hulle tans bedryf.
Hy verander die naam van sy restaurant na Barry’s Beef and Barrel en noem grapsgewys dat, alhoewel hy geen verbintenis tot die naam Barry het nie, hy dikwels as Barry aangespreek word deur kliënte.
In die jaar 2000 vind daar nog ‘n goot verandering in Robert se lewe plaas. Hy vind God en kom tot bekering.
Sy passie vir die woord is ooglopend. Hy noem dat dit hom baie emosioneel maak wanneer hy besef dat sy pad al soveel jare gelede deur God uitgelê is.
Vanuit moeilike omstandighede, wat ‘n negatiewe impak op sy lewe kon hê, het hy die deursettingsvermoë gehad en die krag ontvang om dit te neem en in iets positief te omskep.
Robert en sy vrou, Hesleen, wat hy as sy regterhand beskryf, is nou al 32 jaar in die bedryf om van diens aan ander te wees. Dit is vir hulle ‘n fondasie waarop hulle voortbou want daar is welbehae in mededeelsaamheid.
Oor die jare het hulle klein veranderinge aan die restaurant gemaak, soos die toevoeging van ‘n deli as ook ‘n kroeg in 2018.
Met die uitdagings wat die Covid-pandemie meegebring het was hulle egter verplig om buite die boks te dink en bietjie nuwe lewe in die besigheid te blaas.
Dit was die perfekte geleentheid vir Robert om sy oneindige liefde vir duik, hengel en die see tot die bestaande restaurant toe te voeg.
Die nuwe seekos-afdeling, ‘RobsterLobster’, wat baie toepaslik na sy duik naam vernoem is, spog met sy eie menu. Dit sluit alles van verskillende vis, kreefstert, prawns, seekosplatters en nog meer in.
Tans is dit die enigste menu waar ‘n mens so ‘n groot verskeidenheid van seekos by ‘n restaurant op Malmesbury kan vind.
Hy noem met trots dat hulle altyd gefokus is op uitstekende diens en uitmuntende kwaliteit kos. Almal maak foute, maar almal verdien ook om ‘n tweede kans gegun te word.
Robert is gevul met ‘n wysheid wat slegs deur lewenslesse asook ‘n kennis van jou Bybel meegebring kan word.
Hy sluit af deur te noem dat mense nie bang moet wees om uit hulle gemaksone te tree nie.
Moenie jou blindstaar aan jou omstandighede. Kyk liewer na ‘n oplossing en onthou om altyd te beplan.

Microneedling onder die vergrootglas

Botox, naalde, spuitstof, plooie, merke, ouderdom…
Dit alles is waarmee ‘n mens te doene kry soos jy ouer word.
Jy sit en worstel met talle opsies, maar uit onkunde maak ‘n mens soms die verkeerde besluit, of jy maak glad nie een nie.
Sowat drie maande gelede het gordelroos my getref. In die gesig. Tussen die oë – letterlik.
Dit het op my voorkop te voorskyn gekom en tussen my oë geland. Natuurlik ‘n lelike merk gelos. Een wat agemaak het dat ek verlang na die enkele diep plooi wat ek wel gehad het.
My pad het gekruis met Simply Bee op Hopefield se salon.
‘n Nuwe toevoeging tot hulle dienste is microneedling.
Dit klink skrikwekkend, maar as die verdowingsroom inskop, is dit net die plooie en merwe wat moet bang wees!
Microneedling is ‘n relatiewe nuwe konsep in salonne.
Met microneedling word jou vel deeglik skoongemaak en ‘n verdowingsroom aangewend. Die room neem sowat 30 minute om jou vel te verdoof.
Daarna word ‘n derma-pen, met 12 naalde in, op jou vel geplaas. Die naalde penetreer die vel en veroorsaak mikro-littekens onder die oppervlak van die vel.
Dit veroorsaak weer dat die vel homself van binne begin herstel en selvernuwing vind plaas.
Kollageen word weer geproduseer en laat jou vel jonk en soepel voorkom.
Een van die grootste bekommernisse met die gebruik van microneedling is die pyn.
Is dit seer? Gevoelig?
Dit is gevoelig ja. Meer irriterend en jeukerig as seer. Jou vel kry onmiddellik ‘n warm gloed en ek het redelik rof gelyk na afloop van die sessie, maar dit het wonderbaarlik vinnig herstel.
Soveel so dat ek binne 24 uur geen sensitiwiteit of rooiheid meer gehad het nie.
Wat ek wel ervaar het, was ‘n bietjie styfheid in my vel, asof jy deur die son geklits is.
Ek het egter vanaf die eerste paar uur na die sessie ‘n verskil in my vel opgelet.
Dit is baie meer soepel, sag, glad en gloei met ‘n gesonde gloed.
Alle produkte wat in die sessie gebruik is, word ook deur Simply Bee self vervaardig en is by die salon te koop.
So, ek het nog vier sessies om te gaan en daar is reeds ‘n 100% verbetering in my vel, so ook die lagplooitjies, litteken tussen my oë, sowel as pigmentasievlekke.
As jy hiermee sukkel en skrikkerig is vir iets soos botox, is microneedling beslis die roete om te gaan.
Kontak Simply Bee se skoonheidsalon vandag nog by 066 435 6172.

White kook ‘n storm los

Volgens die 29-jarige Crescendo White van Malmesbury, het sy liefde vir bak en brou in sy ma en ouma se kombuis begin.
Dié jong sjef se hart het eintlik by onderwys gelê, maar soos gewoonlik het die heelal ander planne vir hom in die vooruitsig gehad.
Die geleentheid het hom voor gedoen in 2019, in die vorm van ‘n kook kursus wat deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (UIF), in samewerking met Weskus Kollege, aangebied is.
Die befondsing en perseel was onderskeidelik deur die twee instansies voorsien.
Alhoewel die kursus oor ‘n bestek van 18 maande sou strek was hulle verplig om die teoretiese deel binne 6 maande te voltooi weens die uitbreek van die Covid-19 pandemie.
Crescendo het sy prakties by die destydse ‘Marvel Bistro’, huidiglik bekend as Hill View, in 2020 begin. Toe grendeltyd egter in plek gesit word was hy verplig om dit eers op ys te sit.
Hy het egter sy prakties intussen voltooi, en is tans die hoof sjef by Peaberry Café in Malmesbury.
Sy gradeplegtigheid het op 13 Mei 2021 by ‘The Barnyard Theater’ in Tyger Vallei plaasgevind, waar hy trots deur geliefdes ondersteun is.
‘n Bewonderenswaardige aanvulling tot sy storie is die feit dat Crescendo al vir jare geen geheim van sy seksuele oriëntasie maak nie.
Hy is al vir die afgelope 3 jaar in ‘n baie gelukkige en standvastige selfdegeslag-verhouding.
Hy noem dat hy reeds vanaf sy vroeë kinderjare besef het dat hy nie tot die skoner geslag aangetrokke was nie, maar het dit onderdruk en weggesteek.
Hy het besluit om homself aan niemand te verbind nie, en tot op die ouderdom van 21 was hy in geen romantiese verhoudings betrokke nie.
Crescendo se ouers het egter besluit om die eerste stap te neem.
Hulle het met hom gaan sit en meegedeel dat hulle hom oneindig baie lief het, en dat hulle hom aanvaar asook ondersteun net soos hy is.
Hy noem dat dit ‘n baie emosionele oomblik vir hom was aangesien hy homself vir soveel jare gekruisig het. Crescendo beoog om nog groot hoogtes te bereik en een van sy drome is om eendag sy eie restaurant oop te maak.
‘n Plek waar hy al die kennis en ervaring wat hy tans opdoen, kan uitleef.
Maar vir nou, kan mense sy lekker kos gaan proe by Peaberry Café, waar hy heerlike resepte op die proef stel, en die vryheid geniet om sy kreatiewe gees uit te leef.

M(ê)rkwaardig

Die Swartland is besig om weer in sy groen jas toegevou te word. Die landerye is vol in groen gekleur soos die saailinge stadig maar seker begin kop uitsteek. Die skape, lammers en koeie geniet ook die groenigheidjie onder hulle voete. Foto: Ghida Visser

Hoekom ekstra klasse

Ekstra-klasse vir skoolgaande kinders is iets wat baie ouers soms mee worstel. Moet hulle, moet hulle nie? Watter voordele hou dit vir jou en jou kind in?
Ons het met die kundige op die gebied, Jana Maass, aangeklop vir raad.
Maass bied self ekstra klasse aan en help ook leerders met hul huiswerk.
• Hoekom is ekstra-klasse noodsaaklik gedurende die tydperk van Covid-19?
Leerders het tydens die Covid-tydperk baie meer uitdagings as ooit te vore. Leerders wat skoolgaan op rotasie-stelsel sukkel om hulle werk te doen wanneer hulle by die huis is. Ouers sukkel ook om leerders by te staan met hulle werk, omdat hulle self moet werk. Hulle beskik ook nie altyd self oor die nodige kennis van onderrig-strategieë om leerders te help nie. Ouers wil graag hê dat hulle kinders die nodige ondersteuning moet kry, sodat hulle nie agter raak met hulle akademie nie. Daar bestaan dus ‘n groter behoefte vir ekstra klasse vir leerders.
Ek het hierdie behoefte raakgesien en het besluit om my kundigheid te gebruik as ervare onderwyseres om leerders te help om hulle volle potensiaal te bereik. Ek het in 2018 gegradueer aan Universiteit van Stellenbosch met ‘n B.Ed. in intermediêre- en senior fase.
• Wat moet ouers in gedagte hou as hulle op soek is na ‘n kundige wat hulle kinders kan help met ekstra klasse?
Ouers moet ‘n kundige soek om hulle kinders te help. Hulle moet die persoon vra of die persoon ervaring het om die leerarea te onderrig en wel gestudeer het. Hierdie persoon moet kennis hê van die kurrikulum, ‘n verskeidenheid onderrig strategieë ken en ook weet hoe assesserings van die vakgebied plaasvind.
• Paar studiewenke om te onthou
Aangesien die eksamen om die draai is, is dit belangrik om betyds te begin met eksamen voorbereiding. Leerders skryf tydens die tweede kwartaal oor kwartaal een en twee se werk. Ouers kan leerders help om ‘n studierooster op te stel van watter werk hulle wanneer moet leer. Dit sal veral help om leerders se spanning oor die eksamen te verlaag. Leerders moet ‘n vasgestelde plek hê waar hulle leer en huiswerk doen. Leerders moet gereelde hersiening doen om die werk vas te lê. Hulle kan hulle eie oefen vrae maak om te toets of hulle die werk onthou.
Hulle weet dan watter werk hulle weer moet hersien. Leerders kan gebruik maak van prentjies om die werk te leer of rympies maak om belangrike feite te memoriseer.
Kontak Maass by juffroumaass@gmail.com of 071 4101 361 met enige navrae.

Van der Merwe hang presidentsketting op

Die Malmesbury Lionsklub het Saterdag die president vir 2020 gegroet en die nuwe president vir 2021 ingewy. Marina van der Merwe, wat die klub nuwe lewe gegee het en die ledetal van twee na 21 geneem het, het Saterdag by The Barn op Riebeek-Kasteel die klub se gemeenskapswerk met die gehoor gedeel. Van die organisasies wat deur die klub ondersteun word is Klein Bietjie Liefde, Welgemeend Primêr, Elkana, Jo Dolphin, Tannie Suz en Aandskemering Tehuis vir Bejaardes. Volgens Van der Merwe is sowat 18 200 mense in 2020 bedien, met 87 diensaktiwiteite wat voltooi is. Van der Merwe word opgevolg deur José Braga Borges, ‘n jarelange Lions-lid en ook voormalige president van ander klubs.

Raponsie vir Kansa

Genevieve-Jane van der Merwe Josias laat ‘n mens dink aan ‘n hedendaagse Raponsie. Maar in plaas daarvan om haar pragtige, lang hare vir eie aanwins en skoonheid te gebruik, spaar sy elke sentimeter. Drie keer per jaar knip sy haar lank lokke, skenk dit en doen iets besonders daarmee. Dit is haar storie…
Genevieve woon al vir die afgelope 37 jaar op Malmesbury. Hier gebore en getoë, en geliefd onder die wat haar ken. ‘n Klein mensie met ‘n groot hart.
Sy werk in die mediese veld en ken die hartseer wat dikwels met hierdie professie gepaard gaan. Dit is een van die grootste redes wat daartoe bygedra het dat Genevieve vir die afgelope 20 jaar, haar hare aan Kansa skenk.
Sy kom egter uit ‘n familie waar daar geglo word dat meisies nie hulle hare mag knip, terwyl hulle nog besig is om te groei nie. So sagmoedig soos Genevieve is, kan mens uit die staanspoor sien dat sy nou en dan rebels kan wees.
Hierdie rebelsheid het in graad 11 sy kop uitgesteek toe sy besluit het om haar hare te knip vir ‘n skoonheidskompetisie, sonder haar ma se medewete.
Sy het die prys betaal vir daardie ongehoorsaamheid en vertel dat sy dit nooit sal vergeet nie.
Maar dit het natuurlik nie daar gestop nie, want as jy eers een keer geknip het…
Genevieve noem dat sy vir die afgelope 20 jaar al dieselfde haarkapster, Zuri Cummings, beter bekend as Sorya, gebruik.
Met die uitbreek van die Covid-pandemie was Sorya verplig om die deure van haar salon te sluit, maar Genevieve het nie toegelaat dat dit haar terug hou nie. Sy vat toe die pad en ry tot by Sorya.
Sy vertel dat sy dikwels, voordat sy besluit het om haar hare te skenk, met verwondering na haar hoop hare gestaar het.
Sentimeters hare wat net eenvoudig weg gevee en weggegooi word.
Eendag het sy besluit om ‘n ‘ziplock’-sakkie saam te neem en vir Sorya gevra om die ongeveer 30cm lange stuk hare daarin te sit.
Sy het op daardie oomblik nog geen idee gehad wat sy met die hare wil doen nie.
Ná ‘n besoek aan die Rooikruis Kinderhospitaal, met wie sy ‘n noue verbintenis het, het sy besluit om haar hare aan Kansa te skenk.
Eers het sy net ‘n naamlose sakkie hare by ‘n kontakpersoon op Malmesbury afgelewer.
Toe die geleentheid hom voordoen, het sy self na die Kansa-gebou in Observatory, Kaapstad, gegaan.
Daar het sy navraag gedoen oor hoe die proses werk.
Vir die afgelope 20 jaar skenk Genevieve anoniem haar hare aan Kansa. Sy het verkies om dit so te doen en noem dat dit ‘n persoonlike keuse was.
Kansa het vyf jaar gelede besluit dat dié wat hierdie onbaatsugtige skenkings doen ook erkenning moet kry en dus maak sy nou haar naam bekend. Genevieve het geen idee hoeveel pruike al van haar hare gemaak is nie, maar net die wete dat dit iewers in iemand se lewe ‘n verskil maak, is genoeg vir haar.
Soos genoem het sy ‘n sagte plekkie vir die Rooikruis Kinderhospitaal. Dit verskaf groot vreugde aan haar om te weet dat sy verskil in baie kinders se lewens maak. Dikwels is hierdie klein kankerpasientjies geweldig sterk en selfstandig, maar hulle wil so graag net mooi en soos anders kinders lyk.
Genevieve se woorde weerklank in my ore: ‘Rooikruis Kinderhospitaal is soos ‘n katedraal. ‘n Plek wat jou nederig maak en laat besef hoe klein ons as mens werklik is’.
Sy doen ‘n beroep om mense om dit ernstig te oorweeg en dit ook te doen. Ongeag die lengte, die kleur of die tipe hare.